Author Topic: Cliché  (Read 24640 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Cliché
« on: April 27, 2012, 04:23:55 PM »
Cliché – uitspraak klie-sjee’ – Afgesaagde, holruggeryde uitdrukking; verslete beeldspraak.

Help asseblief, ons praat ook van 'n "ge-ykte" uitdrukking, is dit reg so?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marius

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
  • Gender: Male
    • Marius Buys Se Skrywes
Re: Cliché
« Reply #1 on: February 18, 2013, 01:06:44 PM »
Geikte? Ek verstaan ook die betekenis as iets wat oor die algemeen gebruik word, waar is of algemeen aanvaarde dogma is.

« Last Edit: February 18, 2013, 01:08:15 PM by Marius »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Cliché
« Reply #2 on: February 18, 2013, 03:02:49 PM »
Dankie Marius. 
Help my met  "Geikte?"  Ek is in die ongeletterde periode van die dag.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Cliché
« Reply #3 on: July 14, 2015, 11:51:30 PM »
Jou weergawe van die sinoniem vir cliché 'geykte' is reg PM. Ek deel graag die volgende met julle:

Sit weg daai clichés, ou semelknoper

Daar is geen rede om muwwe Afrikaans te gebruik wat geyk of cliché-agtig klink nie. Ons het ʼn robuuste verskeidenheid sino­nieme, idiome en kontreitale.
Al wat jy (onder meer) kortkom, is om ʼn Afrikaanse woordeboek en tesourus op jou rekenaar te laai en siedaar, jy het toegang tot ʼn nimmereindigende wonderwêreld.

Kyk net: Hoekom die woorde opportuniste of manteldraaiers vir (sommige) van Madiba se kleinkinders gebruik as jy bogenoemde woord, pilaarbyters, beskikbaar het? Die woord het ook ander sinonieme: Judas, Janus, glyjakkals, falsaris, femelaar, kwesel, horingdraer, smeerlap, of sommer liegbek.

Nadat oupa Mandela al daai jare gortwater moes drink (in die tronk moes sit), is hulle ­besig om met die volk kalifa te speel (oëverblindery, uit Soutpansberg).

Die karnallies sit vir ons die kalbasbril op (uitoorlê). Dit is mos genoeg om vir ons almal grafblomme (grys hare) te gee.

Gepraat van die Mandelas: Die koning van die Abathembu, koning Buyelekhaya Zwelibanzi Dalindyebo, en oudpres. Mandela se kleinseun Mandla sit hoeka nie om dieselfde konka nie. Volgens gerugte en berigte sê Mandla glo die koning is (en ek parafraseer) ʼn semelknoper (iemand wat sanik en vervelend is).

Hy is só simpel, hy is nie ʼn pyp dagga werd nie (hy is baie sleg). Hy wat Mandla is, is min gespin. Trouens, hy is so gelukkig soos ʼn mossie in ʼn daggasak (baie tevrede).

Terloops, die webwerf roekeloos.co.za gee stuitige name vir zol: aaptwak, elektriese spinasie, giggelgras, karatetwak, laggras, papegaaislaai en wilde pietersielie. Die Roekeloos-webwerf is altyd ’n besoek werd as jy wil rinkink met woorde. Die Afrikaans vir cleavage? Borsboude, koggelklofie, melkweg en verleivallei. Die sonde!

ʼn Cougar is ʼn jonglatkat. Dit is nou die vroulike weergawe van ʼn vroetelpappie (sugar ­daddy).

Ook volgens hulle is ʼn baie maer vrou ʼn takpop, ʼn klein motor ʼn padpuisie, ʼn minibustaxi ʼn sardyntrein en die toi-toi is ʼn staakwals, vakbond-vastrap, vivapolka en die williewerkie-wals.

Toemaar, ván die woorde is laf, ja, dit maak nie saak nie. Afrikaans se benoude-boude dae is verby, dankie. Mense praat soos hulle gemaklik voel (binne perke, ja), en soos die sosiale media onverpoos voortstoom en ou mure afbreek, word nuwe woorde heeltyd soos dobbelstene in die eter rondgegooi. Sommige wen, ander verloor, verdwyn.

Dit bring ʼn mens by Michael le Cordeur (voorsitter van die Afrikaanse Taalraad en onderwyskundige van Stellenbosch), wat onlangs wyse woorde kwytgeraak het oor Kaaps-Afrikaans. Sy wekroep: Hou op om Kaaps-Afrikaans as snaaks af te maak. Kaaps moet erkenning kry as ’n variëteit van Afrikaans. Dit is ʼn taal wat ook gebruik moet word vir opstelle en toetse by skole, eerder as (of in tandem met?) die tradisionele weergawe van die taal.
Jong, gee vir daai man ʼn ­beker koudblaas (koffie). Want Kaaps-Afrikaans ís mos “duidelik”!

Bron: http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2013/07/12/RH/7/RH005-28apr_wipwoord-402.html

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Cliché
« Reply #4 on: July 15, 2015, 01:19:03 AM »
Nou daais nou duirelik Ta Raatjie. Na so knypie omkyktwak en sosage met e pa poepolvrugte in die oggend is man mos kalmer as prozak op e stil see. Hie innie Kaap eet ons nie somma op e nugter maag nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Cliché
« Reply #5 on: July 15, 2015, 06:40:40 AM »
Ek haal myse hoed af en knak die knieg Naas - jy kom duirelik deur  :notworthy:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Cliché
« Reply #6 on: April 08, 2022, 02:44:11 AM »
Ek reageer op die epos wat ek so pas ontvang het van PM. Blykbaar was daar navrae oor die skrywer van die aangehaalde weergawe waarmee ek reageer het op PM se plasing.  Die skryfster wil 'n aanhaling uit die artikel gebruik vir 'n redenaarstoespraak en het meer informasie nodig oor die skrywers ens. Ongelukkig werk die skakel nie meer nie. Ek het probeer maar dit werk ook nie vir my nie. Ongelukkig 'n klompie jare gelede geplaas (Julie 2015). As iemand dalk meer inligting oor die skrywer van die artikel het, kan julle PM kontak.

Groete vanuit die land van Bloekoms.
Meraai.