• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Eufemisme

Started by PM, April 27, 2012, 05:18:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Eufemisme - eu-fe-mis'me- is ʼn versagtende woord of uitdrukking wat die felheid daarvan verbloem.
In stede van te sê dat iemand ʼn dief is, sê ons hy/sy het lang vingers,
of iemand het sag heen gegaan. 
Om te weet is om te verstaan.

PM

My Tant Anna het stil heengegaan
ons het haar begrawe,
maar haar vingers hang langsaan.

Skuus, ek kon dit nie weerstaan nie.  Ha-ha. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :toothy4: Ek giggel met respekt  :sign10:

Hier is 'n oulike klompie voorbeelde danksy wikipedia:

Besuiniging, beteken besnoeiings weens ekonomiese toestande, ipv om te sê besparings.

Oor die blommetjies en bytjies gesels, om die eerste keer vir 'n kind van geslagsomgang vertel.

E-posbemarking, beteken gewoonlik die grootskaalse verspreiding van SPAM.

Etniese suiwering, in plaas van die grootskaalse uitmoor van 'n bevolkingsgroep (volksmoord).

Gehoorgestoord, as doof bedoel word.

Hardhandige ondervraging, as marteling bedoel word.

Heengaan, as bedoel word dat die persoon dood is.

Herorganisasie, wanneer daar van massa afleggings sprake is.

Die houtjas aantrek, sterwe.

Huispersoneel of Algemene assistent gebruik vir 'n huishulp of die ouer "bediende".

Lang vingers, as na steel verwys word.

Ongewenste besoek, wanneer inbraak bedoel word.

Prysaanpassing, beteken meestal dat die prys styg, dus prysverhoging.

Regstellende aksie, as rasvoorkeur of diskriminasie bedoel word.

Ruskamer, eerder as om van 'n toilet te praat.

Sekswerker, vir 'n prostituut of hoer.

Stille diplomasie, as goedkeuring van ongewensde beleid bedoel word.

Straatkuns in stede van graffiti.

Tussen werke, klink beter as werkloos.

Transformasie, as rewolusie of omverwerping van die huidige bestel bedoel word.

Uitsit, klink beter as om 'n dier van kant te maak.

Visueel gestrem, as blind bedoel word.

Woefkardoes of brakkiesakkie, om van oorskietkos te praat na 'n ete.

Assie

Fok ESKOM, as die krag afgaan en die spoed van donkerte ons tref.

Voetslaan, as die geld opraak en die bank my kar onder my gat uit verkoop.

Breinbankrotskap, wanneer die SA regering in parlement bymekaar kom.

Ontlig, wanneer ESKOM die skakelaar ontdek.

Beurtkrag, wanneer ESKOM te lig in die broek is en Oom Hannes aftree.

Knaterflater, wanneer Gatiep vir Meraai in die rug skop voor daar troue gehou is.

:mumum:

Meraai vannie Baai


PM

Eufemisme is wanneer PM se dakman poef as sy hom in die hande kry.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.