• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hipallagee

Started by PM, April 27, 2012, 05:17:47 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hipallagee – hipal-la-gee- ʼn stylfiguur wat daarin bestaan dat die sintaktiese verhouding tussen twee terme in ʼn sin omgekeer, verwissel, of omgeruil word soos in - die belangrike gevolge van hierdie ontdekking-  i.pv. - die gevolge van hierdie belangrike ontdekking-
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

As jy lank genoeg oorsee woon, is Hipallagee jou middelnaam wanneer jy in Afrikaans kommunikeer  :bootyshake:

Assie

Wie stoot so die opdraend af,
dit maak 'n lawwe grap van my vers.
En as my lawwe vers 'n grap raak
gaan ek lag lag die afdraend op.


:mumum:

Meraai vannie Baai

Dankie Naas! So begin ek vanoggend my dag met 'n wye glimlag  :notworthy: :toothy4: :icon_salut:

PM

Lag ek lekker vir jou pragtige voorbeeld Naas. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

As Assie nasie word
Is Nasie seker assie

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Hiep hiep hoera vir ons eie Assie Naas  :toothy4: :notworthy: :`ip2:

PM

Geeallehip!  Jy wil mos agterstevoor wees, of hoe dan?
Om te weet is om te verstaan.