Author Topic: Varkvelletjies  (Read 14116 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Varkvelletjies
« on: May 11, 2011, 09:09:25 AM »
Varkvelletjies, dis wat die Joodse leerders by my eerste skool dit genoem het. Pannekoek en pancake het vir hulle ‘n heel ander betekenis gehad.
Praat ons gistraand daar by my kleurvolle vriendin van die lekkerkry eetgoed sommer ‘n lus los.
Die onthou van hoe ma die pannekoeke eers op ‘n bord gesit het, met kaneelsuiker bestrooi het en dan die volgende bo-op. En as die beslag op gebak is het sy weer die toring van bo af opgerol in die oondpan, nog kaneelsuiker bo-oor en dan in die oond dat daai suiker so deur die pannekoeke inkwyl.
Kyk hoe water my bek nou weer.
My se eie ma, aan my pa se kant, kon vir dood nie pannekoek bak nie. Ek onthou hoe ek voor die koolstoof op ‘n kassie gestaan het om pannekoek te bak. Ook so op die bord met kaneelsuiker oor soos prins Andrew se ma gemaak het maar nie in die oond nie. Nee die het te lank gevat. Daai toring is sommer so van bo af verminder na ‘n platdak. (soms sommer nog so terwyl ek bak)
Nou kyk, pannekoek bak gaan mos deur drie stadiums.
Die eerste stadium is die opwindende een. Die aanmaak van die beslag.
Eiers, meel, melk, ‘n paar geheime bestandele en dan natuurlik so ‘n skeutjie Whiskey. Nie te veel nie, net so skeutjie. Daar moet darem nog oorbly vir die volgende stadium. Dan klits en so bietjie laat staan om lekker ryp te word.
Die tweede stadium is die vervelige een waar als gebeur.
Ek gebruik Three Ship Whiskey (5jaar) De Rijger, De Tijger en die Titanic.
Nou word daai bottel langs die stoof staangemaak. Binne trefafstand van ‘n arm en terwyl die pan warm word begin ek solank met De Rijger se kaptein gesels.
Dis belangrik dat die pan goed warm is anders is jou eerste pannekoek ‘n flopoppie. So die gesprek met die skeepskaptein raak bietjie dieper.
Die eerste pannekoek word gegooi en gerol om die hele bodem van die pan te bedek. Dan los jy hom so rukkie vir ‘n slukkie en sodra hy sy houvas op die pan verloor skommel jy daai pan so bietjie in die rondte en dan… So vorentoe agtertoe beweging laat daai pannekoek ‘n swierige kop oor gat toertjie uitvoer en sy rou kant kry warm. Nog ‘n slukkie verder en die pannekoek is in die bord, wat op ‘n pot kookwater staan en wag met die eerste laag kaneelsuiker.
So gaan die proses maar aan. Teen die tyd wat De Rijger vasgemeer is en die bootspartytjie op De Tijger begin is jou bakvernuf al goed ge-olie en die flik flak van die halfrou pannekoek nie meer genoeg nie. Nee. Op hierdie punt van orde word daai pan sommer van die stoof afgehaal en daai pannekoek moet homself nou bewys deur ‘n dubbel flik flak te maak tot terug in die pan. Dis nou op die punt wat vlooivel, die hond, naderstaan want hy weet al hier gaan ‘n paar gelukkies sy kant toe kom.
De Rijger se bemanning is aan wal en nou stoei ek met die Titanic, wat teen ‘n verdoemende spoed voortvaar, se kaptein.
Die rol van die pan na die begiet geslag is word nou ‘n ou tamatiese beweging as ek die pan optel. Die pannekoek vanself los die van kom pan.
Ek vergeet om die pan van die stoof af te haal, probeer ‘n trippel flapflap met ‘n halfdraai na regs in die pike poesies sie en daai koekepan vlieg in daai skoorsteen op dat ek moet uithardloop buite toe en ek vang hom, net voor vlooivelletjie se nat neus met my linkerhand en sit hom terug oppie pan.
Met die terugdraai binne toe sien ek nie vir vroulief hande in die sye voor die deur staan nie en ek loop pan eerste in die ysberg vas. Daar sink die Taaitanic tot op die teëlvloer van die kombuis. Met geen enkele oorlewendige ekke nie.
Ek moes maar die laaste en lekkerste deel van pannekoekbak , die eetproses, vir die ander los want toe sluk ek weer aan my middag ete in whiskey verouderd.
Lank lewe die Taaitanic.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varkvelletjies
« Reply #1 on: May 11, 2011, 10:04:28 AM »
 :hello2:     :notworthy:   :notworthy:     :hello2: 

Baie goed geskryf Naas!  Dit is nou uitstekend!  Ek weet nie watter een om te kies nie,  maar wag tot ek vanaand my eie gesprek met die Three Ships se kapteine het,  dan kies ek hulle sommer almal maal twee en nog 'n keer.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Varkvelletjies
« Reply #2 on: May 11, 2011, 10:16:55 AM »
 :icon_cheers: :icon_cheers: :icon_cheers: :icon_salut: :icon_salut: :icon_cheers: :icon_cheers: :icon_cheers:

Nee, kyk ek het geweet jy probeer gisteraand aan jou kleurvolle vriendin verduidelik, maar ek verstaan nou jou bedoelling, ek begin te laat met die rooikoeldrank stoei.. :hello2: :hello2: Ek het hom...

Gelukkig is daai ysberg baie lief vir jou en smelt sy gou in die son.  :icon_biggrin:

Dis pragtig Naas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varkvelletjies
« Reply #3 on: May 11, 2011, 10:22:12 AM »
Nou verlang ek weer na julle,  maar dit is niks nuuts nie!   :bootyshake:

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varkvelletjies
« Reply #4 on: November 30, 2013, 07:38:37 PM »
Hier lok "varkvelletjies" my tot by pannekoekbak!   :icon_biggrin:  Ek het dit weereens baie geniet, dankie Naas.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Varkvelletjies
« Reply #5 on: December 01, 2013, 07:52:25 AM »
 :icon_biggrin:

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Varkvelletjies
« Reply #6 on: September 21, 2021, 10:00:47 PM »
Lees oor gas se skouer en kwyl weer in my eie bek agter die soete stoutgeit aan.
Deesdae met die diabetes en ander onderduimse siektes waarvoor ek paar jaar terug aansoek gedoen het is varkvelletjies ook taboe.
Alhoewel, as vroulief nie kyk nie werk ek nog so skelm varkvelletjie of twee deur. Wat vroulief nie sien nie...

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Varkvelletjies
« Reply #7 on: September 21, 2021, 10:44:26 PM »
Kom ek ook aan soos ingelegde perskes en vla na die maal, al kwylende  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Varkvelletjies
« Reply #8 on: September 22, 2021, 06:07:06 AM »
Pannekoek, koesisters, melktert en moskonfyt!  Mense, Naas het mos gesê dit is wat ons tussen nuwejaar en kersfees eet wat vet maak! 
Om te weet is om te verstaan.