• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Paradoks

Started by PM, April 27, 2012, 05:03:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Paradoks – pa-ra-doks – Uitspraak wat ʼn teenstrydigheid bevat, wat klaarblyklik absurd is: ʼn spreuk soos "veg vir vrede" bevat ʼn paradoks.  Veg en vrede se betekenisse staan lynreg teenoor mekaar. 
Pas bedroef, maar altyd opgeruimd.
Dit is mense wat niks het nie, maar tog alles besit.

Ons het hierdie al omvattend bespreek, maar my internet gee my nie toegang nie.  Help asseblief met nog voorbeelde.
Om te weet is om te verstaan.

Marius

"Die bestuur is hier om te help"

PM

Pragtig Marius.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Paradokse in gewilde woorde

Elke wolk het 'n silwer randjie.
Trek my stadig aan, want ek is haastig.
Minder is meer.
Maklik kom maklik gaan.
Goedkoop is duur.
Baie moeite oor niks.
Liefde is 'n slegte naaste, en as daar niks is nie, is dit erger.
Dit is opvallend deur die afwesigheid daarvan.
Hy wat nie speel nie, speel goed.

Paradokse in bekende frases

Ek weet net dat ek niks weet nie. Sokrates
Die hart het redes wat die rede nie verstaan ​​nie. Blaise pascal
As u smag na vrede, berei u dan voor vir oorlog. Publio Flavio Vegecio
Verbode om te verbied. Revolusie van die Sorbonne, Mei 1968
Westerse mens verloor gesondheid om geld te verdien en verloor dan geld om weer gesond te word. Toegeskryf aan die Dalai Lama
Wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe vir my verloor, sal dit vind. Matteus 16:25
Dus sal die laaste eerste wees en die eerste, laaste. Matteus 20, 16

Bron: https://af.warbletoncouncil.org/ejemplos-de-paradoja-1976

PM

Dankie Raaitjie, jy is weereens 'n wenner.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Hier lees Assie nou "paraboks" en dink Ta Raatjie praat van toutologie. Dis mos waar dieselfde begrip onnodig herhaal word in een woord. Amper soos agteruitreverse.
Para en boks kan mos darem amper in dieselfde lig aanskou word. O hallie ha.

:mumum:

PM

Praat jy dan nou van boks soos in Afrikaanse doos?  Nie met handskoene aan nie?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#7
Ek het verwag hier gaan een of ander uitbundige reaksie plaasvind maar soos altyd verstom jou unieke para-mantige humorsin my nog steeds Assie.
Tien uit tien en 'n sterretjie op jou voorkop slimkop!
:angel4:
Sluip ek terug, PM. Dit is die soort sonder handskoene hier ter sprake :headbang:

Assie

Ek dink ons moet maar net meer versigtig lees anders teken ons gedagtes prentjie wat die wereld liewerste nie moet sien nie.
Ta Raatjie se werk is ernstig goed. Wat dit nog beter maak is dat dit so tussen die pers spinnekoppe deur gebeur.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Ironie van die lewe dierbare Meisiekind. Dan trek mens jou handskoene aan en boks teen die opponent in die hoek, sy naam is 'Opgee'  :`ip2:

Naas

As jy voortgaan met opgee gaan jy gou gou nêrens heen nie.
As ek nou een van daai mannetjies-meisies was sou ek maar opgee want 'n para pas nie in' n boks nie.

  :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

#11
Nee wag, laat ek die ene byvoorbaat by die woordkroeg gaan deel ... :icon_bigsmurf:

Assie

Mens kan mos 'n para in 'n boks sit. Jy moet net eers die boks vol gate steek dat die para kan asem kry anders gaan die para ve bonoudheid vrek.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Julle sal nie glo wat ek nou ontdek oor die skouer van 'n gas nie. Ons skerts al oor hierdie onderwerp van 2015 af nadat PM dit gevra het: " Pararym of is dit nou paarrym?"

Meraai:
Giggel ek en wonder hoe lyk pararym? Hoe lyk dit, wie gaan probeer?  :icon_biggrin:

Naas:
Jy gebruik pararym om te paarrym en dan kry jy baarrym.

Kyk daai para
hy's lekker getwarra
al vat dit jarre
en soen Jy altwee narre
hy ply 'n para

https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?action=post;topic=73.15;last_msg=25065

Ons het een para vergeet. Paradoks.
"Dit is die begin van die einde"

"Die volgende sin is waar.
Die vorige sin is vals."

"Hy het verdrink in die fontuin van ewige lewe."

"Ware vryheid is om binne die reëls te lewe."

"Stilbly is ook 'n antwoord"

"Dis nou 'n mooi gemors."


PM

Wat van parafien?  Dit tel dalk nie. Parallelepidedums (wat dit ook al mag wees)  Sal paradys hier inskakel?


paraatheid

parabolies

parademars

paradeperd

paradigmas

paradyslik

parafrases

paragogies

paraguaans

paraliseer



parabasis

parabiose

paradepas

paradigma

paradokse

paradysvy

paraffien

parafilie

parafrase

paragraaf
Om te weet is om te verstaan.