• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Polisindeton

Started by PM, April 27, 2012, 04:59:51 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Polisindeton – po-li-sin'de-ton – is die herhaling van voegwoorde wat gewoonlik weggelaat word.
Moenie vloek nie, of kwaad word nie, of skel nie.
Sê groete vir jou ma en jou pa en jou boetie en jou sussie.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Jy maak jouself moeg met al jou klagtes, al jou verwagtings, al jou gedagtes .....   :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Jy het mooi probeer Wils.  Die polisindeton het net betrekking op voegwoorde.
'n Paar waaraan ek vinnig kan dink is
en
of
maar
want
alhoewel
so
omdat ens.

Die hoofdoel van 'n voegwoord is om twee sinne met mekaar te verbind.  Ek sal die definiese gaan opsoek en dit onder "Woordsoorte" plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek dog al is 'n voegwoord ha ha

ek sal weer probeer - dis my beste geweer - ek wonder net waar is al die forum-maaitjies dan!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

#4
Nog iets wat dalk kan help is:
'n Voegwoord is onbuigbaar.  Met ander woorde jy kan dit nie verander nie.  Bv. "al"  kan "als" word, of "aller".
Help dit?
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#5
dit help ja :-)

Jy maak jouself moeg met al jou klagtes en al jou verwagtings en al jou gedagtes .....  © Ah,Willa!

werk dit nou  :hello:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Pragtig!  Nou is dit reg. 
Ek wil net vra dat almal die "kopieregteken" (een begrip - een woord) met hul naam, by hierdie deelnames plaas.  Dit sal vir my makliker wees om dit net te hak en plak.
Om te weet is om te verstaan.