Dit is darem beter in 'n mens se eie plekkie. Geniet die popspeel wat harde werk is hoor.
Ons het gister oorgetrek na Gabarone. Die plek hier is netjies en skoon en ruim en hier is groen gras en water en krag en seine en lugreëling en kyk hoe mooi span ek die voegwoordjies in.
Manne, dit is nog primitief en dit is nog Bosswanna, maar vir ons is dit vyfster!
Hannes hulle wag vir die laaste olietanker (die 5de een) en as dit oorgetap is in die transformator teen Maandag, dan kan ons afteken en skidaddle, huistoe. Nou, hier waar 'n bietjie meer beskawing is en 'n mens nie knaend sand tussen jou tanne kou nie en klippe in jou skoene het nie, klink 'n ekstra dag nie na iets om van histeries te raak nie.
Mooigaan matertjie, geniet die familie, hier is genoeg om almal van ons 'n rukkie besig te hou.