Author Topic: Ek het nie ouers gehad nie. Is dit 'n verskoning?  (Read 4839 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Ek het nie ouers gehad nie. Is dit 'n verskoning?
« on: November 24, 2021, 07:29:05 PM »
Dit is nou al 'n geruime tyd dat ek hierdie verskoning aanhoor.  "Ek het nie ouers gehad nie, hoe moet ek van beter weet?


Ek het 'n interne aanwyser wat vir my wys wat is reg en wat is verkeerd.
Ek weet wanneer ek my bed moet opmaak.
Ek weet dat ek skottelgoed moet was.
Dit is tyd dat ek my bed met skoon linne moet oortrek. 


Ek moet my vloere was. 
Ek moet my wasgoed was en stryk.  (Al stryk niemand meer nie, ek hou van glad gestrykte klere en linne.)
My man moet 'n lekker bord gekookte kos kry. 
My kinders is lankal uit die huis uit, maar ek het geweet wanneer om in hul behoeftes te voorsien. 
'n Mens het mos 'n goeie gesonde verstand om jou te rig.


Waar kom jy daaraan dat die feit dat jy nie ouers gehad het nie, jou kan verskoon om nie jou daaglikse pligte na te kom nie. 
 :icon_scratch:   Skuus, help my uit!

Om te weet is om te verstaan.