Author Topic: Waarheen nou?  (Read 2126 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Waarheen nou?
« on: November 16, 2021, 02:02:12 PM »
Ek sit al geruime tyd en wonder waarheen is my verhouding met die forum op pad?
Ek het altyd heerlik gekuier en spontaan nuwe skrywes geskep as gevolg van deelname deur almal op die forum.
Ongelukkig het die forum familie gekrimp en gekrimp en tans is daar drie van ons wat meestal onderwerpe forseer.
Bottom line, soos die Engelsman sê is dat ons besig is om 'n dooie perd kunsmatig aan die gang te hou.
Ons kan onsself 'n rat voor die oë draai en sê maar daar is nog besoekers. Besoekers wat wat doen? Ons werk steel?
Soos dit is kan ons maar net sowel op FB gesels.
Ek het die laaste paar weke alles probeer om lewe in die forum te blaas maar ongelukkig is ons net vier mense hier en meeste van die tyd is driekwart van ons besig met lewe en skuif die forum op die agtergrond. En dis reg so.
Probleem is omdat ons so min is vrek die forum stukkie vir stukkie.
'n forum is soos' n treinstasie waar daar dag en nag lewe is omdat baie mense kom en gaan. Vier mense kan nie die wêreld se besoekers gelukkig hou nie.
Luister nou my liedjie.
Ek lief elkeen van julle maar ek is klaar met kunsmatige asemhaling.
Ek sal nou en dan kom besoek aflê om te sien hoe dit gaan maar ek kan nie meer myself sover kry om lukraak in die lug te praat met stom besoekers nie.
Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek besef dat nie een van ons heeldag en aldag op die forum kan wees nie so dit is niemand se skuld nie.
Ek kan net nie meer nie.
Die gesels op die forum het vir my kunsmatig geraak. Ons wil almal die forum aan die gang hou en daarom antwoord ons baie keer net om te antwoord.
Ons is vier mense wat uitgekuier geraak het.
Miskien oor paar maande is daar weer iets om oor te gesels maar tot dan gaan ek baie laag lê.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: November 16, 2021, 02:04:43 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Waarheen nou?
« Reply #1 on: November 16, 2021, 07:57:07 PM »
Ai Naas

Wat jy sê is waar, en tog voel dit of mens maar nooit dieselfde gaan wees sonder jou nie.
Ek raak ongelukkig ook mal besig by n werk wat my maak voel soos jy...
Hierdie week ook n eksterne audit.

Hou tog nog so bietjie uit, hou die asempie nog so bietjie langer uit.
Asb wil ek vra, al kom jy net so een maal in n keer hier verby.
Jou bydrae is legio...
Al is dit vir 3....

Vir daardie 3 is dit veel meer werd as drie.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waarheen nou?
« Reply #2 on: November 16, 2021, 09:04:03 PM »
Ek het tog nie woorde nie en ook nie 'n antwoord nie. 
Ek weet net dat my hart baie seer is en ek sal aanhou en aanhou probeer al doen
ek dit net alleen by my selwers. 
Ek is baie dankbaar vir almal se insette en deelname aan die forum.  En as jy hier lees sien jy net
Ek, en ek en ek. 
Ek gaan nou maar eers slaap en dalk kry
ek more 'n oplossing. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Waarheen nou?
« Reply #3 on: November 17, 2021, 07:12:28 AM »
Naas, jy het jou hart oopgemaak en ek verstaan 100 persent lief mater. Antjie Patat, die kere wat jy ons lewe versier het met jou bydraes is net so kosbaar. Jou liefde en ondersteuning deur die jare is van onskatbare waarde. Lief PM, ons het geweet dat mens nie kan aanhou en aanhou met CPR doen vir die forum nie.

Oor die jare het ek probeer om gereeld nuwe gedigstrukture/skryf uitdagings  te plaas sodat ons die ink kreatief kon laat vloei. Het gister gou ingespring en al my werk rakende gedigstrukture/kreatiewe skryfoefeninge bewaar vir die wis en onwis. Groot was my verbasing toe ek dit wou print - 80 blaai vol kreatiewe skeppings! Ons het werklik gewoel met die ABC reeds van Woes se dae af, maar soos Naas se, die kuiers is nou kunsmatig.

 Ek is oneindig dankbaar vir die voorreg wat ek gehad het om my pad met PH en ook met die PH goggas hier te kon deel op die forum PM. My hoop is dat dit vir iemand tot nut sal wees wat dit tot dusver gelees het, en dat dit diagnose sal besoedig. My hart klop in Afrikaans en strukture is my kos, en ek lief eet, bloos! Ek wil liewers onthou word vir my bydraes by die skryfstyle en bewaring van hoe ons skerts, lag en huil in Afrikaans as net vir skeet en kwaal. Dink die woorddief het genoeg gegaps en gelas vir 'n leeftyd. En sonder Naas en Assie is die forum se vlammetjie geblus.

Lief julle al viertjies bitter baie baie. PM, jou forum was vir laaaaaaaaaaank my wegkruip plekkie. My kruk wanneer kniege wou knak maar soos almal leef ons op geleende tyd en dit is nou tyd om aan te beweeg en die bucket list te tackle.
 
 :love7: :notworthy: :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waarheen nou?
« Reply #4 on: November 17, 2021, 09:10:44 AM »
Dit is vir my werklik 'n bitter pil om te sluk.  Verduidelik net vir my hoekom nou?  Nou dat ons op die vooraand staan van moontlike nuwe bloodstelling?  Die laaste paar weke het dit baie goed gegaan en ek het nie een oomblik gevoel dat my bydraes geforseerd is nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: Waarheen nou?
« Reply #5 on: November 17, 2021, 06:49:34 PM »
Ek sukkel met koebaai... regtig.
Klein of groot, min of baie... ek sukkel net....
Ons audit is in volle swang, en loadsheeding binne sekondes vanaand...
So voor my tikkertjie, soos Meraaitjie sou seg, iets oorkom, moet ek gou gou afsit...

Sal later die nuwes welkom heet

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waarheen nou?
« Reply #6 on: November 17, 2021, 07:34:31 PM »
Ek het verduidelik... Jy wil nie hoor nie...


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.