Author Topic: Toevallig-gevinde-gedigstruktuur  (Read 2827 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Toevallig-gevinde-gedigstruktuur
« on: April 19, 2012, 12:48:24 AM »
PM se *beeldende woord vir depressielyers het my hart gesteel. Daar was so pragtige gesels rondom hierdie onderwerp dat ek julle woorde in TGG versvorm saamgevat het en wil dit graag hier onder plaas. Daar was vrae, en daar is antwoorde:

*Swartjasdraer

(Naas)
My put
met skryfwoorde
het in die oorkaan
van depressie se oog
opgedroog...

(Fransi)
Is dit wanneer jy sommer vir geen rede nie blou voel
en in jou skulp wil wegkruip of is dit blou
as gevolg van eksterne omstandighede
of iets traumaties wat gebeur het?

Of asof jy onder water is en nie kan asemhaal nie
en daar is glas aan die bokant van die water
waar jy jou eie lomp refleksie sien en die vae bewegings
van ander buite die glas en selfs al kry jy die energie
om teen die glas te stamp, hoor niemand jou nie?

(Angelica)
Dis daardie blou wat grou en dan swart word.
Ek is binne myself vasgekeer.
Soos binne 'n kokon of 'n gipsomhulsel.
Wil uit maar kannie. Weird gevoel.
Tot die gips krummel en jy stadig begin deurbreek.

Ons vra nie om die jas te dra nie.
Ons vra nie om heeltemal tred te verloor
met die wêreld en met tyd.

Dit is 'n baie swaar swart jas
wat my skouers en later my hele wese
in die modder intrek.

Die punte sleep hierdie modder saam,
want alhoewel ek dan net onder die bed
in die verste hoek wil gaan lê, MOET jy voortbeur.  

Ons byt vas en hou ons kop laag
en ons oë op die grond
tot die spoke koers kry,
dan lig ons maar weer onsself op
en stof af en gryp die dag.

Ons is maar net mens en as die jas
oor jou skouers val, val hy swaar.
Wees geduldig, wees nog lief,
wees steeds vriend in hierdie tyd.

(Adele)
Jy weet mos hoe ek swaarkry, vriendin,
om op die wal te moet staan en haar daar uit te trek, gereeld,
soms met moeewiese trekkrag, soms ligter,
maar ek bly haar lief en wie anders sal dit nou doen?

Maar daardie dae wanneer sy saam met my op die wal staan
sodat ek haar net kan vashou en laat voel hoe lief ek haar het....
dit gee haar seker die krag om vas te byt wanneer sy weer afgly...
is vir my wonderlik, dan kan ek ontspan en ook leef en lag
sonder kommer oor drama en bang wees vir vreemde foonoproepe ens.

Maar dis erg, om jaarin en jaaruit op daardie wal te bly staan,
soms gaan sit ek ook op my wortels wat al redelik stewig geanker groei,
soms gaan lê ek om te keer dat 'n orkaanwind my daar uitruk....
dan gryp ek weer na Bo wanneer ek onthou dat Hy die stormwinde laat bedaar.

(Willa)
Elke persoon is so anders - God laat juis daarom paaie kruis
want Hy weet presies wie bied wat vir wie ...

God het jou pakket, net soos JY is nodig
in die persoon voor jou se lewe
en juis daarom het Hy toegelaat
dat jul paadjies kruis ...

in al my donker gate waarin ek al geval het,
was dit die mens wat die minste plastiek na my gewys het,
wat my kon optrek en weer kom help anker het
aan ons Vader se voete ...

(PM)
Dit is daardie omgee
wat ons stewig aan mekaar vasbind.

Dit is wat die lewe die moeite werd maak
en die son weer laat skyn.



  




















  
« Last Edit: May 03, 2012, 03:53:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Toevallig-gevinde-gedigstruktuur
« Reply #1 on: April 19, 2012, 10:13:02 AM »
Meraai!!  Pragtig!!  Dit lees soos 'n inspireerende verhaal!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toevallig-gevinde-gedigstruktuur
« Reply #2 on: April 20, 2012, 09:50:59 AM »
Raaitjie, jy doen dit altyd uit die boek uit!  Hierdie afdeling kan gerus al die skrywers se bydraes bevat.  Ons kan 'n paar bladsye daaraan afstaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Toevallig-gevinde-gedigstruktuur
« Reply #3 on: April 26, 2012, 06:47:40 AM »
As julle nie woorddisse geskep het nie, sou ek niks gehad het om in versvorm saam te stel maters  :notworthy: