• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Bestemming vir volgende 8 dae of wat ...

Started by Meraai vannie Baai, April 19, 2012, 01:19:08 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Waar gaan ekke wees volgende 8 dae? Op die Goue Kus - met jongste se twee kabouters onder ouma en oupa se waaksame oge. Woelige, soms erg befoeterde prinsie met gepaardgaande twee jarige vloermoere LOL, en sy  sesmaande oue sussie-prinsessie  :love7:

PM

Sterkte met die woelwater Raaitjie.  Gelukkig kan prinsessie nog nie rondhol nie.  :icon_biggrin:
Dankie vir al jou werk by die konstruksiewerf matertjie. 
Hoop julle kry 'n ruskansie so tussendeur.  Geniet dit en kom veilig tuis.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Plesier mater. Gedink dan kan die ouens solank loer of daar ietsie is waarvoor hulle kans sien. Daar is heelwat 'vryer' strukture ook wat dalk in iemand se smaak sal val  :book1:

Skoondoggie is al dae lank besig om vir my dingetjies so gemaklik moontlik te maak siestog. Merk die laaie en kaste, maak lysies van moets en moenies - die ouma en oupa al soooo opgewonde!! Gaan julle mis maar ons kom weer terug! Dan is dit skouer aan die wiel vir onse boek no 2  :love7: :hello2:

Ah Willa

Kan Theo nie ook saam kom nie - hy word in Junie 3 en het die 2jaarvloermoere mooi bemeester - veral as daai molars stoot!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai


Ah Willa

Hy's oppad :-)

Hy wil weet of die dromme en klaverboard mag saam kom ook kan kom

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Kostelike foto! Beslis kan kleinman sy musiekinstrumente saamneem. Ons ry met die Jeep so daar is plek hoor!

PM

Ek dag so ewe julle gaan by die kus kamp. Ha-ha.

Wag!  Wag vir my, ek kom ook saam.  Pak net gou vir my 'n villanelle-toebroodjie!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeee ek onthou daai toebroodjie  :love7: Enige tyd welkom om saam te kom kuier hoor.

Ons is in die kinders se huis tuis - minder omwenteling vir kleingoed met alles nog bekend om hulle en veral kabouter wat swaar gespeen was om in sy kamer alleen te slaap is dit beter as hy in die roetine bly wat hy ken. Vandag slaap die tweetjies alte soet en ouma kon gou nuuskierig oral inloer en oge wys!

PM

#9
Eish! Ten tyd ek my toebroodjie klaar gemaak het was ek om en dom en
toe mis ek die bus!  :dontknow:    :icon_biggrin:

Dit is beter vir hulle, ek stem. 

Ek wil net vir jou sê, jy het gesê agt dae, en dit is nou sewe.  Ek tel die slapies. 
:love7: Gelukkig nog net een!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

heheheh...en hier gaan ek alweer. Nou wel nie weg nie maar darem ook nie loshotnot om te gaan soos ek wil nie.

Meraai vannie Baai

En ons tel nou die maande wat ons Amerikanertjies kom DV Julie of Augustus kuier vir 3 weke by ons en 3 weke by die ander ouma en oupa. Kry ons wonderlike verrassing want die oupa en ouma wil toe weet of ons nie in die 6 weke wat die kinders hier gaan wees, almal Fraser Eiland toe wil gaan nie dan kuier ons almal saam. Hulle is ook kamp mal soos ons. Hoe geseend is ons nie!

PM

Wonderlik!  Ek weet sommer julle gaan dit 'n hond uit 'n bos uit geniet.   :hello2:

Om te weet is om te verstaan.