Author Topic: Spookkoets 3  (Read 1727 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Spookkoets 3
« on: May 09, 2011, 11:53:16 AM »
Jissie maar die trappe is ook maar aan die donker kant al is al die kerse brandend. Flikkerende skadus speel kruip weg ek sien jou met my so al teen die trappe uit – ek voel skoon 9maande swanger so krom trek my rug met my stiletto hakkies klakkend op die marmer. By my kamerdeur gekom steek ek so ewe my hand na die deurknop uit net om dit blitsig terug te ruk. Wie is hier langs my want ek kan net mooi niks sien nie. Maar ek het beslis ‘n hand oor myne voel vat. Wat gaan hier aan? Of jaag ek met ‘n oorlaaide verbeelding sommer allerhande spoke en goete op? My hand op die deurknop, al bewende, niks nie. Die koperknop draai ligweg, die deur swaai sonder enige knniii oop. My kamer is in sagte roospienk lig gehul – oee die so pragtig en die hemelbed lok my, roep my. Die beddegoed is netjies weggetrek, daar’s tot ‘n sjokoladetjie op die kussing. Mmm moet ‘n eksklusiewe soort wees – ek ken gladnie die maak nie, sal maar die papiertjie hou as ‘n memento. Ek sal maar al die kerse so in ‘n ry uitblaas en dan laaste die een langs my bed. Die kamer gaan seker nagdonker wees met hierdie dik brokaat gordyne. Snel het ek my nagkabaai uit, swart nommertjie gou op ‘n hanger en in die kas, onderkleertjie in die laai en skoentjies onder in die kas. Ag hoe hemels sag is die satyn van my nagrokkie nie op my soepel lyf nie – ek dink hoeka dat ek die lyf van ‘n vrou 10jaar jonger as my 53jaar het. Voor ek die kers uitblaas wil ek eers in my bybel lees – ek sal seker kan sien so met net die een kers wat brand, my aandgebed kan ek seker maar in die donker doen. Phoeei en uit is die kers. Ek dink nou so daaraan terwyl ek nou knus onder die lakens lê – ek het nie enige vuurhoudjies gesien nie en hoe gaan ek ook nou die kers aan die brand kry as ek moet? Sal maar more-oggend vir Gascoine moet vra. En Klaasvakie is dadelik by met die strooi van sy sandjies.

Vasgenael le ek op die hemelbed, wat het my ontwaak uit my slaap, diep soos die dood? My kamer is in doodsdonker gehul, ek kan niks sien nie. Dan, asof vanuit ‘n vakuum, die aardigste onaardse weeklaag, as ek dit ‘n weeklaag kan noem. As ek die weeklaag moet beskryf dan moet dit wees soos Danté dit in Inferno beskryf het. Dit kom asof uit die dieptes van die hel. Ek kan dit nie aanhoor nie maar kan dit ook nie uit my ore uitsluit nie. Heeelp my iemand heeelp, heelp tog asseblief, ek kan die foltering nie langer uitstaan, heeelp, heeelp. Ek lê vasgenael asof met kettings aan my hemelbed gebind. Gaan die weeklaag dan nooit einde kry! So skielik soos dit begin, so skielik stop die weeklaag. Wat gaan in hierdie plek aan? Ek moet slaap maar is ook te angsbevange om my oë toe te maak en aan die ander kant kan ek ook nie enigiets sien in die kamer nie. Kombers oor die kop al vrek ek van die hitte. Wat soos ‘n ewigheid voel, raak die weeklaag in die vergetelheid en oorval die slaap my soos ‘n dief in die nag. Ek moet tog vir …… .

Met ‘n skok skrik ek wakker – genade dis al 08:30 – ek het seker ontbyt al gemis. Met ‘n vaart vlieg ek in klere in en storm vervaard uit die kamer en met die trappe af in die eetkamer in. Goeie more Gascoine, is ek nog betyds vir ontbyt? Natuurlik mevrou, dis mos net u wat hier by ons kuier. Wat kan ek vir u kry? Daar’s heerlike hawermout, roosterbrood met spek, eier, wildswors, sampioene gebak in knoffelbotter, gebraaide tamatie, gerookte ham … . Ek dink ek sal net roosterbrood en botter, spek en eier, die geel moet nie hard wees, sampioene en ‘n stukkie wildswors en tamatie neem. Is daar dalkies enige moerkoffie beskikbaar? Maar natuurlik, ek bring vir mevrou. Gascoine, jy sê dis net ek hier? Ja mevrou. Jong Gascoine, ek het gis’traand of erens deur die nag, wakkergeskrik van ‘n vrou se geweeklaag en smeekroep! Nee mevrou, u is alleen hier, antwoord Gascoine met sy groen-bruin oë wat orals rond kyk behalwe vir my. Is jy seker, vra ek? Ja mevrou, doodseker antwoord hy met so ‘n halwe bleekgeit in sy gesig. Ek sal nie hier wees vir middagete nie, sal aandete weer dieselfde tyd wees as gister? Ja mevrou dit sal weer so sewe-uur wees. Gascoine, ek sal seker so teen vyf-uur terug wees as Ismail dan my bad gereed kan hê. Dis reg so mevrou, geniet u dag.

Dit tref my skielik – ek het die hele dag beswaarlik enige gedagte geskenk aan Liefie, dit so teen die trappe uit na my kamer. Ai maar die diens is waarlik uitstekend – my bad is gereed, skuimpies en olietjies en al. Salig, hemels. Ek kan sommer voel hoe die stres uit my ledemate vloei. Ek wonder wat op die spyskaart is vir vannaand se aandete? Ek gaan ook beslis nie vanaand weer ‘n swart nommertjie aantrek nie, ek dink die pienk van-die-skouer-af bloesie met die bypassende kniebroek dan kan ek vir Gascoine bietjie kompetisie wees. Ja die pienk sandaaltjies sal die ding doen. Ek dink ek moet bietjie vroeer af dan kan ek lekker in die sitkamer ontspan met ‘n kelkie wat ook al. Sal dit voorbarig van my wees om weer ‘n Stellenrijk Rouge te bestel? Dis bygesê as daar hoegenaamd nog van die 1720 oesjaar oor is.