• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

O die donkie...

Started by PM, April 10, 2012, 04:19:55 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Wanneer laas het julle 'n donkie hoor balk?
Kan nou nie help nie, maar as daai ding begin, dan lag ek al klaar.  Ons het 'n donkie hier wat so nou en dan sy lot bekla, maar al wat hy kry is 'n "uitlag" en 'n gespot!  :icon_biggrin:
Hannes sê dit klink, hier na die einde se kant toe, asof sy battery pap raak.   :icon_biggrin:
Kan iemand vir my verduidelik wat sê hy?  (Ek bedoel die donkie, as hy so kla!)
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

My plek is geboek vir Naas se besoek hier  :toothy4:

Angelica

LOL,  Meraai, ek het dadelik aan Naas gedink.

PM, hou hierdie een vir Naas vir wanneer hy terug is in die son.
elle

Naas

Ooo!
Diiieeeee!
Donkie is 'n wonnerlike ding.
Hy kla as hy staan
en hy kla as hy gaan
O die donkie is 'n wonnerlike ding.

Julle moet besef dat 'n donkie nie so onnosel is as wat hy lyk nie. Niemand kan so dom wees nie.

Ooo!
Diiieeeee!
Donkie is 'n wonnerlike ding.
Hy sit in die jaart
en piepie in die straat
O die donkie is 'n wonnerlike ding.

Ha ghiee, haaa ghieee haaa

Op pad van Malawie af net voor die Beitbrug grens word ons konvooi deur 'n donkie gestop. In die middel vannie pad staan hy dwars.
Ons toet... Hy lag. Ons raas... Hy lag.
Later klim die dominee uit die bakkie en probeer die dwarstrekkige donkie uit die pad loh met 'n wortel. Die donkie lag.
Hy probeer die donkie uit die pad stoot. Die donkie lag.
Hy gaan staan agter die donkie en gee hom 'n ordentlike skop oppie boud. Die donkie loop verontwaardig die bosse in.
Dominee klap sy hande skoon, klim in die bakkie en sê: "I always wanted to kick some ASS"

Ooo!
Diiieeeee!
Donkie is 'n wonnerlike ding.
Hy staan innie pad
en ons skop sy gat
O die donkie is 'n oorwonne ding.

As julle die donkie mooi kyk sal julle sien hy het 'n haaslip. Eintlik roep hy vir hasie maar oor sy snaakse uitspraak hoor hasie hom net nooit.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ooo! Diiieeee donkie van jou isse wonnerlike ding meester Naas. Daar was nie 'n manier wat ek vanaand kooi toe sou gaan sonder om te loer of jy hier aangedoen het  :hello2: :notworthy: :love7:

PM

 :sign10:  O liewe tyd, lag ek nou so dat die ape skoon op vlug slaan!  :sign10:

Haaaafieee, haaaaafieee!   Haaa-uuhh  haaaa-uuhh  haaaa haa en daars sy battery pap!   :sign10:

Haai ooee, ek wou net in 'n diepe depressie stort toe ek geen opvangs het nie, die ape verwoes alles en ek sit so alleen, tot my skaduwee het my verlaat!  Toe lees ek ... niemand kan so dom wees nie, en woerts, daar skyn die son bulderend. 

Dankie Naas, jy het my dag gemaak!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Haaphie!  Haaaaaphie! Waaaphie Haaaphie?
SUG {Wil maar net se ore wat ek geleen het teruggee}
Haaaaaaaaaphie Haa... Ha...
                                         H
                                            a
                                              a
                                                ph
                                                   i
                                                     e
                                                        e
                                                          e
                                                             !



:icon_bigsmurf:

Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

O Naas!  Ek en Hannes het al pret gehad vanaand met jou haaslip donkie! 
Die arme ou "stretch"  hom stukkend omdat sy span nog nie opgedaag het na die lang naweek nie en sy agt dae agter is nou tien dae agter skedule en ons is nog net tien dae hier!   :icon_biggrin: 
(Nee, nou lieg ek, dit is al twee maande  :icon_biggrin: ) Sak Sarel!
Gelukkig is hier 'n paar donkies wat (o nee, ek bedoel dit nou nie op jou nie!  :icon_biggrin: ) wat die lewe vir ons aanvaarbaar maak!
Lief jou matertjie!  Met 'n passie!   :love7:

Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ooo!
Diiieeeee!
Donkie is 'n wonnerlike ding.
Hy staan voor die stoep
om vir hasie te roep
O die donkie is wonnerlike ding

Ooo!
Diiieeeee!
Donkie is 'n wonnerlike ding.
Hy't die ore geleen
en wil dit nou teruggeeeee
O die donkie is 'n wonnerlike ding

Ooo!
Diiieeeee!
Hasie is 'n wonnerlike ding.
hy't sy ore uitgeleen
hoor nie die donkie se geween
O die hasie is 'n wonnerlike ding

Ooo!
Diiieeeee!
Padda is 'n wonnerlike ding.
Hy speel aspaaitjie in die hoek
Sodat Hannes hom moet soek
Ooo!
Diiieeeee!
Padda is 'n wonnerlike ding.



Ooo!
Diiieeeee!
Bosdiertjies is 'n wonnerlike goed.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

 :sign10:  Naas, jy is ook 'n wonderlike ding!   :toothy4:  Ek sien al hoe lag Hannes as hy hierdie gaan lees.  Dankie matertjie, die bos is nou nie meer so eensaam nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek en Hannes het mekaar net een kyk gegee en kliphard uitgebars van die lag toe ons hier op die plaas aankom en ons hoor  Uggg Naaaaas!  Uggg Naaaaaas!   Roep die donkie vir Naas!
Wens jy was hier matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Assie

Lees ek nou vanoggend hier oor besoeker se skouer en kan aan nog paar donkie verse dink wat ons op die plaas gesing het maar sa liewerste swyg. Hier is perplaks net 'n prediker of twee wat besoek aflê.

:mumum:

Meraai vannie Baai

Ja nee. Sal moet in onse spore trap as die hordes hierheen stroom om te kom saamskryf  :angel4:

PM

O hallie ha, dit was baie eensame dae daardie en ek is so dankbaar dat julle dit vir my draaglik gemaak het. 

Om te weet is om te verstaan.