• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Pattatta alla Petronella

Started by PM, March 30, 2011, 04:03:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 5 Guests are viewing this topic.

PM

Skil en sny soveel patats as wat jy nodig het en sny dit in blokke, ongeveer 1.5cm x 1.5cm.

Vir twee medium patats het ek die volgende bestanddele gebruik:

Eers neem jy een groot lemoen en skil dit driekwart af.
Sny dan die res op in klein stukkies en gooi dit in 2 koppies water en kook tot al die geur in die water is.
Gooi dit deur 'n sif en druk al die vloeistof uit.  (Gooi die lemoen weg en hou die vloeistof)

Gooi die vloeistof in 'n pot en voeg 'n
half koppie suiker daar by. (As jy dit soeter verkies kan jy meer byvoeg)
Voeg 'n half telepel kaneel by en
'n knippie sout.
Plaas die patats by en kook totdat dit sag is.  Moenie te veel roer nie, die patatblokkies moet heel bly.
Wanneer die patats sag is, neem
2 hoogvoltelepels vlapoeier, meng dit met 'n half koppie melk en voeg dit by.
As dit te styf is voeg nog melk by en roer.  As dit te slap is gooi nog vlapoeier by.
Kook dit vir nog so tien minute totdat die vla gaar is.

Eet en geniet! 
Om te weet is om te verstaan.