• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tussen Spasies

Started by Naas, April 04, 2012, 09:59:54 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Rondloopwoorde in
                os taw etgideg
  spasies los en nie
                                            .ein pokssen elluh raaw kyk
              Hulle klits           my grysstof
.raakemrued lametleeh sreiereor soos

Waar moet ek stop?
       ?laahmesa ke teom raaW
Dis 'n woordjie hier...
                                                                  .raad eijdroow n' ne
                         'n Spasierus wat waghou
.reek et droow edneglov mo
Asemhaal
                    en
                                mislees
.dnalredav ym drow
Help!
              raakemrued os uon si kE
soos 'n bottelblond
     seisaps nessut
in 'n
                         kierbafmuufrap.
doon eid ni anneH riv pleH                     !!knarattapannogO




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

adele

...en rondom die hekkies tot ek dronkerig uit die laberint val   

   :grommit: 
adéle  :grommit:

Angelica

Slim...
Maar die 'roereiers' het my op die regte pad geplaas.
elle

Meraai vannie Baai

#3
Hahahahhaah ... welgedaan Meester!  :toothy4: My hele rukkie geneem - biekie op die kop gestaan, vorentoe en agtertoe gelees; uiteindelik ontsyfer. O gonna pattarank het my laat giggel  :sign10:

Die spasies werk eintlik die heeeeeel mooiste (en op hulle beste) as dit spaarsamig ingespan word. Maar die ouens se hand, mildelik aan die rusopeninge gewaag, het nogals gesorg vir kreatiewe leesstof wat ek geniet.

???       ???     ???

Soms      vir 'n oomblik    wonder ek 'n bietjie
wat sal gebeur as ons almal       voor die voet
skielik presies dieselfde sou begin skryf
???       ???     ???

Na hoeveel lyne (of per geluk)
straks 'n paar paragrawe, sal ons
ophou lees en begin wonder -
is almal nou die kluts kwyt
???       ???     ???

*geskoei en geskool op tradisies, bou ons nou voort op nuwe fondasies (en soms met leë spasies) wat ander laat wonder: moet hier nie ook stene wees nie, of ten minste net 'n venster in die 0? Selfs 'n kale kosyn sou vir my gewerk het LOL  :headbang: :notworthy:  :toothy4:


PM

Tussen spasies lê daar heelparty gedagtes wat ek andersins mis sou lees!   :icon_biggrin:

Goed gedoen Naas.  Jou kreatiwiteit gemeng met jou humorsin is 'n woordgereg.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

 :icon_scratch:   :book1:  slim mense woon hier ...  :pottytrain2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

#6
As ek nou dronk lyk, pleit weer onskuldig - ek het agterstevoor deur spasies gelees aan 'n kreatiewe skepping wat hier iewers tussen lyne vol rondloopwoorde spoggerig uitgestal is  :`ip2:

Terwyl ons nou tussen spasies saam kuier wil ek die volgende voorbeeld wys vanuit Leon Strydom se gedig "Droogte" waar die assosiasie van hemels (strelende geruis van die aandwind) en die aardse kaalheid, onherbergsaamheid (steurende kras van die haai grint) puik uitgebeeld word met die inspan van tipografiese organisasie. Hele bekvol ne.

                              in die geruis van die aandwind
               ver onder in die haai grint
                     onder in 'n knoesterige mik


Bron: https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/941/1113

PM

Lees ek eers weer "tussen stasies" en wou net begin saamsing! 
Ek lief die "rondloopwoorde". 
Om te weet is om te verstaan.