Sjoe, baie dankie julle.
Dit het my vanaf 2007 tot 2012 geneem om 'n wengedig/te te skryf. Vyf jaar. Dit is baie lees, baie aantekeninge maak, baie skribbels op papiertjies wat weer wegraak, baie probeer. Jy moet besluit waarop jy wil konsentreer en ek het net nooit kans gesien vir strukture - altyd gevoel ek word bedreig en ingeperk.
Vry vers is my pad. Daar voel ek gemaklik. Soos om in die veldpaadjie te loop en klippies skop sonder dat iemand jou daaroor berispe.
Dankie vir almal wat deelgeneem het. Ook dit het my aangespoor om my inskrywings eers weer en weer te lees en onder die vergrootglas te plaas, want ek het geweet dit gaan sterk wedywering wees. Julle is almal puik, PM en Meraai se tog self so.
Daar kan net een wenner wees en ek is trots op myself. Bietjie voor-oppie-wa? Waarom nie wees nie?
Het alles self gedoen, geen hulp van geen aard gekry. Miskien is daar 'n verdwaalde geen van tant Elfie Lotz aan Pappa se kant, wat weer aan my kind oorgedra is. Hy skryf baie goed, baie beter in Ingils as in ons eie moedertaal. Maar dit nou sommer terloops.
Dankie weer vir julle wat my die geleentheid gegee het.