Author Topic: Gedigte vir die digkompetisie  (Read 26746 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Gedigte vir die digkompetisie
« on: April 01, 2012, 01:58:33 PM »
Hier is die gedigte vir die gedigkompetisie wat die einde Maart gesluit het.
Elke leser het 4 stemme om uit te bring.
Stuur vir my die vier name van die vier gedigte wat vir jou die mooiste is na pm@afrikaanseforum.co.za
Julle het drie dae kans om julle stemme uit te bring.  
Donderdag die 4de April sal ek die aankondiging kom maak dan kan julle weer stem.

1)   Gedeelde vreugde

Luister,
na my rietfluitjiefluister
wat windgevleuel
teen jou kuiltjie lag
en ribbelig dans
in die sluikvleie
van jou oë.


2)   Hande

In die herfs van ons lewe
lê ek my hart
in jou growwe hande neer;
tussen getroue arbeidseelte
weerspieël die sagte polsslag
omgee in jou oë,
verkneukel lagplooitjies
elke kwinkslag
om ons humor te deel.

In stilte
skep ons handevol goud
uit saans se sonsondergang
en wanneer sterrenag
om my vou,
pleister ek die dolksteke
deur my gemoed
se skeure toe
met maansilwer
en koester jou growwe hande
om my wange.


3)   Versugting

My lief,
mag ons walle
stuwend
'n rivierengte
stoot.


4)   Sintuiglik

Soms in n aand soos vanaand
as jy aan my vat
 
Voel
 
voel ek of ek jou kan sien
jou hoor     jou proe  
 
Sien  
 
sien ek jou soos gister se tyd
hierdie tyd           waar ek            net so sit
hier op die bed
 
Met  
 
met Jou hande
anderkant my gedagtes
strelend op die musiek
glyend     oor my bors     my lippe
 
Dan
 
dan hoor ek jou praat soos more
more se son wat weer gaan kom
dan weet ek jy was hier
en ek    kon jou voel

5)   Pasmaats

Trap vir jou 'n lêplek
in my gelooide plooie,
want ek wil jou velvoue
tydsaam eggo-
sonder om jou liddorings te druk
of die fyn vel by jou enkels
te skaaf.

Ryg my steweldig
en dubbelgeknoop
oor die brug van jou voete,
sodat ons in die somerreëns
se grondstrate kan plas.

Poets my totdat ek git glim
en jou wêreld vir jou weerkaats.


6)   Melkbos  II
Die geel son was rond
opgevou hoog bo die berg
en ook oor die groenblou
van die weste see
het strale gestreep-streep
soos die korhaan se skree
Jy’t jou hemp geknoop
teen die son
daardie dag toe ons
by die lendelam tafel sit
het jy met deernis
in my siel gekyk
die beker se oor geklem
en ek met droewig wees,
het die pyn gaan haal
Jy’t jou gesig teen die wind gedraai
en jou knoop ontknoop,   gesluk
 
Ek sal altyd onthou
die blou
van die are op jou bo-hand


7)   Die kronkelhart van strome:

Dit is die rivier wat watervalle voed-
wat in onstuimige versnelling
die blink boog stu
in tuimel hoogte
en pletter plato.

Dit is die rivier wat takke stoot-
wat in kruip verkenning
die pad wroet
en nuut begin
in die oorsteek van grense.

Dit is die rivier wat diep
en standhoudend loop-
wat oewer bied
vir rietneste
en die dorstig teug
van wild.

My lief,
mag ons wyd
om die maalkolke swem
en mag ons rivier
nooit
'n hoefyster word nie.


8)   Winternag van onthou
 
my hande oor jou kaal
rug se biltonge    jou skouers  
jou asem hortend in my nek
jou naak bene se kalm vel streel
die oorverhitting van myne
 
ek blaai en blaai
 
deur joernale se gange van onthou
ek proe die eindelose oggende
van bekersvol wat oorloop
later leegloop
 
ek blaai en blaai
 
deur dagboeke van gister se drome
na ritte oor woestyn van klip en sand
en sproei wat opwaai teen ons bene
op Blouberg se strand
gedigte lees op 'n kombers onder
wilgerbome teen Zevenwaght se rand
 
jou ewig positiewe raad
 
die oggend is grys
ná hierdie winternag in Maart

 
9)   Niet Liefde

Rooi warm klop
die wonderspier
in die donker
holtes van my
Hand gemaakte skelet

Liefde is dit niet
net 'n reaksie
van die lus
wat die oog
hartlike vergryp

Sprokie vorms
getooi in rooi
versier papier
weerspieël patroon
wat liefde moet wees

Liefde is dit niet
net 'n diagram
van die hart
vir die oog
se mooi plesier

Want die liefde
is 'n keuse
om 100%
te gee
te wees
te doen
sonder 'n %
terugneem

Want liefde
is geanker
in die Kruis
binne jou huis
alles in klui

10)  Liefdespel

My pen is die roesrooi
van 'n nagtegaal-veer
wat trapsuutjie getoon
in ons kamer
ingewaai het.

Ek doop dit in 'n inkgebed
van frankincense en mirre rook,
rooswater, soetwyn
en gym arabic-
om met rune spellyn
die simbool van Venus,
twèè harte vas te verf
oor die vleespienk van kers.

Ek seël ons liefde in
met die mildelik doop
van jasmynolie oor was:
Ritmies na basis,
middel na wit pit;
totdat passie oor my hande stort
en die sein van vlam
hoog in die lug wolk.

11)   Season of Sauvignon

wingerde flits in jonkgroen rye
verby
vanoggend
soos elke ander oggend
die Heuwels lok my om te treur
aan jou te dink
daar’s ‘n skeur    
in my
binne my
tentakels van hoop tas
na ‘n miskien is jy hier
miskien daar
maar
dis verby
en aan die aderkant van verlang
is jy



As ek iemand se gedigte vergeet het, laat weet my asseblief.
« Last Edit: April 13, 2012, 11:44:43 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #1 on: April 01, 2012, 03:02:35 PM »
jo - nou moet ek kies .. wat 'n taak!

mag ek Andre vra om my te help om keuses te maak - want ek weet nie - dis almal mooi - daar is net een wat ek nie veel erg is oor nie ... en ek mag net vir jou 4 name stuur ... oi oi
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #2 on: April 01, 2012, 03:59:25 PM »
Jy mag André se hulp inroep ja.  :icon_biggrin:  Twee koppe is mos beter as een.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #3 on: April 01, 2012, 04:07:25 PM »
 :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #4 on: April 03, 2012, 07:04:02 AM »
Wie gaan almal stem?  Let asseblief daarop dat daar nog gedigte wat ek vergeet het bygekom het.
As iemand nog iets gestuur het en dit is nie daar nie, druk asseblief hard op my knoppie.  Dit het maar rof met my gegaan. 
« Last Edit: April 03, 2012, 07:26:13 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #5 on: April 03, 2012, 08:04:56 AM »
PM hoekom stel jy nie 'n poll op waar almal kan stem nie
dan stem hulle sommer hier, waar hulle na die gedigte kyk?? 

Ek wonder maar net ... ek het nog nie my keuses gemaak nie - dis moeilik ... jo!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #6 on: April 03, 2012, 03:11:57 PM »
Hoe werk die poll?  Kan 'n mens sien wie het vir watter gedig gestem en hoeveel stemme elke persoon uitgebring het?
Ek wil dit so regverdig as moontlik maak sodat ons nie onenigheid kry nie. 
Die digters se name kom ook nie voor nie, so ek dink die ouens sal net op die gedig fokus. 
Vir my is dit net so moeilik!  Hier is ongelooflike goeie werk. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #7 on: April 03, 2012, 04:36:02 PM »
'n poll is "naamloos" so niemand weet wie het vir watter gedig gestem nie ...

ek sal een hieronder opstel dan besluit jy of ons die poll gebruik al dan nie :-)

dit is sowaar moeilik om te stem ja!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #8 on: April 03, 2012, 11:12:34 PM »
Ek het myself nou verloor tussen al hierdie pragtige woorddisse! Dink die poll idee kan goed werk julle.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #9 on: April 03, 2012, 11:43:01 PM »
Die Poll is nou hier bo ...
jy kan vier opsies kies ...
niemand gaan weet vir watter gedig jy stem nie

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #10 on: April 04, 2012, 02:42:31 AM »
Dit lyk baie goed.  Is almal tevrede hiermee?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #11 on: April 04, 2012, 02:55:18 AM »
Ek wil net sê, maak nie saak watter gedig wen nie, almal moet in die nuwe boek kom!  Dit is verseker!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #12 on: April 04, 2012, 06:22:57 AM »
Die 'Poll'-idee is op sigself 'n wenner. 
Dankie Willa.
Ek stem, AL hierdie gedigte behoort in die nuwe boek.
PM, mag net 'lesers' stem?  Is ek ook 'n 'leser' of is ek 'n Forumwerfiebesitter?
Julle moet almal 'n heerlike dag he.  More is dit long weekend van baie lees en baie kuier met die familie en baie sjokolade (nie so 'n goeie idee.)

Julle met die kindertjies... Willa, Meraai...  kyk op my FB TimeLine daar is 'n oulike Pase resep vir noodle'tjies-in-sjokolade-nessies waarin jy klein sjoko-eiertjies kan sit.  Oulik om die kindertjies mee besig te hou, selfs met die maakslag.

Naas, nee, wag nou, jou engeltjie is nog te klein.  Jy kan volgende jaar.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #13 on: April 04, 2012, 06:29:29 AM »
Almal kan stem.  Ek weet net nie of ek mag stem nie, want ek weet wie het watter gedig geskryf?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #14 on: April 04, 2012, 07:26:21 AM »
Dankie Angelica - ek sal gaan loer  :angel7:

Ek dink jy kan stem PM ... hoekom  nie - jy gaan mos nie vir ons se wie se gedigte dit is tot na die stem nie, en jy is eerbaar genoeg om nie die name jou te laat beinvloed nie ...  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #15 on: April 04, 2012, 07:32:13 AM »
PM tot wanneer kan ons vote??

dis werklik nie 'n maklike keuse nie ... en ek stem elkeen hoort in boek 2
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #16 on: April 04, 2012, 07:48:23 AM »
Ons het tyd tot Woensdagaand.  Dan kan ons Donderdag kyk watter gedigte is gekies.
Ek het sommer vir elke ou nog 'n stem gegee, dit maak dit dalk net 'n bietjie makliker.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #17 on: April 04, 2012, 07:52:22 AM »
ek wil vir elke gedig stem  :munky2:

Dis vandag Woensdag .. is dit tot vanaand of volgende week en Woensdag die 11de April 2012
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #18 on: April 04, 2012, 08:06:28 AM »
Ek dink ons hou dit tot vanaand.  Ons moet nog weer stem vir die drie bestes en dan weer stem vir die wengedig.  Is dit goed so?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #19 on: April 05, 2012, 09:35:24 AM »
Total Voters: 7 - hoeveel memebers op die forum??

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #20 on: April 05, 2012, 10:07:29 AM »
Gedeelde vreugde    - 3 (10.7%)
Hande    - 3 (10.7%)
Versugting    - 0 (0%)
Sintuiglik    - 3 (10.7%)
Pasmaats    - 1 (3.6%)
Melkbos  II    - 5 (17.9%)
Die kronkelhart van strome    - 3 (10.7%)
Winternag van onthou    - 3 (10.7%)
Niet Liefde    - 3 (10.7%)
Liefdespel    - 2 (7.1%)
Season of Sauvignon    - 2 (7.1%)

Volgens hierdie statistiek wen Melkbos 2  loshande.  Baie geluk Elsabé!

Nou moet ons stem vir die 2de en 3de plek.
Laat waai ouens!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #21 on: April 05, 2012, 10:53:55 AM »
Geluk Eslabe :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #22 on: April 07, 2012, 03:19:46 PM »
Elkeen het nou 2 stemme.  Ek sal dit waardeer as julle kom stem.  Ons gee tyd tot volgende Woensdag, dit gee die ouens wat weg is ook 'n geleentheid om te kom stem na die langnaweek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #23 on: April 11, 2012, 06:14:42 AM »
PM, ons moet seker hierdie afhandel.
Met so 'n klomp wat neuspunt in plek 2 hardloop, kou ek my polse.


elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #24 on: April 11, 2012, 07:13:07 AM »
Eintlik is ek baie teleurgesteld dat daar so min belangstelling is. 
Vandag is die laaste dag om te stem.  Kom ons kyk wat gebeur. 
Solank al die gedigte in boek twee is, is ek tevrede.  Dit is 'n handvol pragtige gedigte en die besluit is nie maklik nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #25 on: April 13, 2012, 11:23:02 AM »
Daar is dit nou.  Sintuiglik is WW se gedig in die tweede plek. Baie geluk WW.

Nou kan julle stem vir die 3de plek. 
« Last Edit: April 13, 2012, 11:47:15 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #26 on: April 14, 2012, 03:18:12 AM »
Mooi WW !!!
Jy is voorwaar 'n talentvolle ou wat kan dig en beeldhou, of is dit bou?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #27 on: April 14, 2012, 08:20:07 AM »
Dankie aan die ouens wat alreeds gestem het.  Daar is nog tyd tot vanaand om te stem, dan sal ek die wenner kom aanwys.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #28 on: April 15, 2012, 01:21:53 AM »
PM, ek wil graag weet watter gedigte aan wie behoort.
Kan ons dit so sien, asseblief.
Op hierdie stadium weet ek nie wie het ingeskryf en watter gedig van WW het in die tweede plek ge-eindig nie.
Ek willie so innie donker wees nie.  :dontknow:
Sorry, maar ek is van tegnies aanmekaar gesit.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #29 on: April 15, 2012, 02:39:41 PM »
Question:    Kies uit die gedigte - elke leser het 1 stem
Gedeelde vreugde    - 3 (42.9%)
Winternag van onthou    - 4 (57.1%)
   Unlock Voting
Edit Poll
Total Voters: 7
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #30 on: April 15, 2012, 02:54:08 PM »
Hê hê, ou ongeduldig.   :icon_biggrin:  Elsabé, baie geluk met die derde plek!  Nou sal jy moet uithaal en wys nê!

Baie dankie aan almal wat deelgeneem en gestem het. 

Engeltjie, hier is die name:

Gedeelde vreugde    Fransi
Hande    Adéle
Versugting    Fransi
Sintuiglik    Wérelde Weg
Pasmaats    Fransi
Melkbos  II    Elsabé
Die kronkelhart van strome    Fransi
Winternag van onthou    Elsabé
Niet Liefde   Ah Willa
Liefdespel    -  Fransi
Season of Sauvignon    Elsabé


Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #31 on: April 15, 2012, 04:36:55 PM »
 :angel8:
Sjoe, baie dankie julle. 
Dit het my vanaf 2007 tot 2012 geneem om 'n wengedig/te te skryf.  Vyf jaar.  Dit is baie lees, baie aantekeninge maak, baie skribbels op papiertjies wat weer wegraak, baie probeer.  Jy moet besluit waarop jy wil konsentreer en ek het net nooit kans gesien vir strukture - altyd gevoel ek word bedreig en ingeperk.
Vry vers is my pad.  Daar voel ek gemaklik.  Soos om in die veldpaadjie te loop en klippies skop sonder dat iemand jou daaroor berispe.
Dankie vir almal wat deelgeneem het.  Ook dit het my aangespoor om my inskrywings eers weer en weer te lees en onder die vergrootglas te plaas, want ek het geweet dit gaan sterk wedywering wees.  Julle is almal puik, PM en Meraai se tog self so. 
Daar kan net een wenner wees en ek is trots op myself.  Bietjie voor-oppie-wa?  Waarom nie wees nie?   :dontknow:  Het alles self gedoen, geen hulp van geen aard gekry.  Miskien is daar 'n verdwaalde geen van tant Elfie Lotz aan Pappa se kant, wat weer aan my kind oorgedra is.  Hy skryf baie goed, baie beter in Ingils as in ons eie moedertaal.  Maar dit nou sommer terloops.
Dankie weer vir julle wat my die geleentheid gegee het. 

elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #32 on: April 15, 2012, 09:56:31 PM »
haai Angelica, so baie baie geluk, jy verdien dit mos al oor en oor. wees bly en geniet dit want elkeen van ons weet dit neem jare se lees en herlees en skaaf en weggooi van woorde wat jy graag wou behou.    :hello2:     geluk ook, WW, wat het ek eendag aan jou gesê? jy is vol woord-talent.    :hello2:   

[PM, jammer ek het nie die laaste rondte gestem nie, ek kom nou eerste keer weer hier na dae se werk vir die wildveiling wat gister en eergister was. volgende keer deel ek dalk weer.]

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #33 on: April 16, 2012, 03:03:47 AM »
Dankie Adele en ja, ek is nogal bly en geniet die hele ding.

Is dit daar by jou wat die manne R20m vir 'n koei met 'n kalf betaal? 
Die nuus het menigte warm onder die koller gehad. 
elle

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #34 on: April 16, 2012, 10:50:23 AM »
WAAAT! R20m vir watse koei met kalf? renoster of buffel of so iets?    :icon_scratch: 
nee beslis nie by ons nie, ons totale verkope was nie eers soveel nie.

ek het nou gevra en uitgevind dit was vir 'n buffel en kalf en is gekoop by Rustenburg deur iemand wat teen 'n ander bekende man gebie het. elkeen skatryk in eie geledere...
adéle  :grommit:

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #35 on: April 18, 2012, 04:02:18 PM »
 :toothy4: en hier kom ek ook so stil stil nader na die kombuis gestap, met die lekker reuke wat ek van daaaaaaaar ander kant af ruik
en sien ek toe wraggies man hier is n ou gediggie van my wat ook op die water dryf nogals met n no.2 op sy kop gesit... en ek dink... hu... hoe dan so...  :pottytrain5:

maar ek moet se wow geluk angelica met die mooi glimlag , dis voorwaar n wenner gedig daai van jou
ek het nou wel die eerste vote gemis maar hy sou beslis ook my eerste stam gekry het dit is voorwaar n wenner gedig.

dankie julle angelica en dan adele vir die mooi bemoedigende woorde maak mens net weer lus kry vir nog n paar appel woordjies in die box van
exsotiese lekker wil gooi en rond skommel...

so nou die vraag is... wie wen wat en wie doen hoe...  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #36 on: April 18, 2012, 04:28:39 PM »
Welkom welkom!   :hello2: Ek het jou gemis!
Weereens geluk WW.  Jy kan maar 'n ander titel kies.
Daar was twee pryse.  Ek sal vir Angelica die keuse stel en dan kan jy die ander een kry. 
Gee my asseblief net kans om terug te kom in die land waar daar krag en water is!
Jou alliminium is ook nog nie oppad nie.   :violent1:
Jy sal dit beslis kry matertjie.  Ek beloof. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #37 on: April 18, 2012, 08:10:56 PM »
Baie geluk Angelica en WW - prag gedigte - perel gedagtes - skies ek sluip nou eers in om te kom geluk se - laaste paar dae was nogal erg stresvol en besig na die aanloop van gisters se opnames ...

ek het elke gedig so geniet en dit was vir my moeilik om te kies ... maar ek het nie juis anders as julle almal gekies nie  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #38 on: April 19, 2012, 06:18:23 AM »
Hi Adonis met die mooi skouers...
Oeee.. watse geflirtery gaan hier in die oopte aan?
Kom ons begin weer:
Hi WW, dankie vir die kompliment.  Jy is ook nie te versmaai nie, ok?
Dankie vir jou dankies en dat jy tog vir my sou stem.  Ek hou nou sommer nog meer van jou. (Sjjjt, moenie dat die girls dit hoor nie.)  Ag wat, ons is mos vrinne.
PM, ons sal maar sien hoeveel die prysgeld in miljoene of triljoene is voor ek vir WW sy deeltjie gaan gee. Ek het mos eerste keuse. En hierdie gaan ek nie laat verbygaan nie.
Mooi dag almal van julle.
Ek is ook bietjie afwesig vir 'n dag of twee, maar sal eersdaags weer gesig wys.
Toedels.. a la Paulatjie.
elle

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #39 on: April 20, 2012, 01:40:02 PM »
al hierdie woorde maak my kop deurmekaar al wat ek sien is mooi mooi... dankie julle en WahillA ha VIR daai

angelica eke wonder nou oor daai miljoene dink jy dis die forum se skat kis ?????   :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #40 on: April 20, 2012, 02:23:28 PM »
 :sign10: As dit die forum se "skatkis" is kry julle net skuld om af te betaal!.

Ockert, van Cairoo opvoedkundige programme,  het twee CD's geskenk vir die kompetisie. 
Een is 'n intree MBA kursus ter waarde van R6.000.00 en die ander een is 'n kursus om jou te leer hoe om Microsoft te werk,  -as ek reg onthou - en dit is ter waarde van R2000.00.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #41 on: April 20, 2012, 11:22:50 PM »
Ooooo, Ouma gaan leer!!
Fantastiese pryse, PM.
Ek gaan beslis die intree MBA kurses neem, dankie.
Wie weet, ek neem dit dalk nog verder en gaan sit weer naweke in die klas  :sleepy1: tot ek my graad het.  Verbeel jou, ouma het 'n MBA.. haha. :headbang:
Kan dalk 'n rukkie neem om die spinnerakke uit die kop te kry.... let wel.

Dankie aan almal wat vir my gestem en dus moontlik gemaak het om hierdie wonderlike geskenk te kan ontvang.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #42 on: April 21, 2012, 06:57:58 AM »
Gaaf, dit sal reg wees so. 
Ockert het mos 'n hartaanval gehad, maar is spoedig besig om te herstel.  Sodra ons tuis is reel ek dat julle die pakkies ontvang.  Teen daardie tyd het Hannes seker al die program uit sy kantoormense gewurg, dan sal ons ook weet waarheen volgende. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #43 on: April 21, 2012, 09:29:32 AM »
Bly dit gaan beter met Ockert - Microsoft en ons huishouding is aardsvyande  :headbang:  ons is Linux platforms en Aplle Mac vriende  :toothy4:  ha ha ha  :sign10:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #44 on: April 21, 2012, 10:50:55 AM »
My kinders stem saam en hulle gebruik dit ook, maar ek sukkel nog om microsoft onder die knie te kry.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #45 on: May 21, 2012, 04:56:06 AM »
Herewith Request for Shipping of Winnings.....

PM, weet nou nie of jy al my CD aangestuur het nie ??
Laat weet asb en of jy my Aflewerings Adres het.
Terwyl ek (nog) nie werk nie, kan ek solank daarna kyk.

Dankie
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #46 on: May 21, 2012, 08:07:45 AM »
Hi Nonnatjie, ek pleit skuldig, dit het my skoon ontgaan. Hier was dit nog net doller as kopaf en ek kom by niks uit nie. 
Ek sal in die week die CD's gaan afhaal en dit pos. 
Stuur 'n briefie met jou posadres asseblief.  Skuus matertjie, en dankie dat jy my herinner het. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #47 on: May 21, 2012, 07:50:40 PM »
Not to worry yourself sick.
Dis net dat ek baie (hopelik nie) tyd gaan he en die ideale ding sal wees om my besig te hou.
Stuur vir jou my adres.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Gedigte vir die digkompetisie
« Reply #48 on: May 22, 2012, 08:45:05 AM »
Gaaf, ek het jou adres ontvang en met Ockert gepraat.  Sy dametjie sal vir jou en WW die nodige vorms stuur om te voltooi en dan julle pakkies laat aflewer.  Hy is so dierbaar vir my. 
Om te weet is om te verstaan.