• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Paniekbevange.

Started by Trapsoetjie, March 26, 2012, 11:39:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Paniekbevange.

Sirenes gryp my ore vas.
Gister se gesigte nog so vars.
Angs breek liggaamlik af.

Gillende klippe breek deur my lewe,
alles waarna ek strewe,
skeur stukke deur die bluf.

Skaduwees skaars sigbaar
in die donker gees verwar.
Skemer brand die dag verby.

Klimaat verander seisoene,
vriende in skerpioene!
Vrese vergader voor 'n toedeur.

Stadig bereik die wete
dat giftige tonge van besetenes
later ook hul lewens verwoes.

Met 'n angs nog steeds in my
wou ek al die peste vermy.
Nou weet ek~ dis vir nou, eers verby.

© Trapsoetjie  :angel12:


Ah Willa

Gillende klippe breek deur my lewe,     ,,,, WOW !
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

 :icon_study: Trappies, dit is 'n diep een hierdie!

Klimaat verander seisoene.
Vriende in skerpioene.  Hierdie versreël het nie 'n werkwoord in nie, dalk moet dit net 'n een sin word?
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dankie julle,

Ja ek het bietjie gesukkel met daai een. Ek wou nie verander tweekeer gebruik nie en is by die werk sonder 'n woorde boek so kan nie bietjie soek vir ander woord nie.  :icon_biggrin:

Gaan so bietjie kyk.

:angel12:

PM

Dit kan werk as jy net 'n komma gebruik en 'n kleinlettertjie in die volgende sin. 
Dit is so mooi gestel:  vriende in skerpioene!  Daar is niks wat so seer steek soos die angel van verraad en leuens nie!  :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#5
'n Voorstel van 'n dom rooikop ... dus smyt uit wat jy nie like nie - en hoes daai vir mooi Afrikaans ha ha ha  :bootyshake:

Wil net weereens se: DIS "N ONGELOOFLIKE MOOI EN DIEP GEDIG!


Paniekbevange.

Serenes gryp my ore vas.
Gister se gesigte nog vars.
Angs breek my liggaam af.

Gillende klippe breek
alles waarna ek strewe,
skeur stukke deur te bluff.  (Eintlik maak die sin nie vir my sin nie ...)

Skaduwees skaars sigbaar
in die donker gees verwar.
Skemer brand die dag verby.

Klimaat verander seisoene.
Vriende verdraai in skerpioene!
Vrese vergader voor 'n toedeur.

Stadig bereik die wete
dat besetende giftige tonge
ook hùl lewes verwoes.


Die peste wou ek vermy,
angs steeds binne my -
vir eers is dit verby!


© Trapsoetjie  

Maar Trappies, dis nou 'n dommie wat nog self groei en leer - so neem dit maar met 'n pinch sout en gooi weg wat nie vir jou reg sit nie - dit is immers jou hart wat hier neer gepen is!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

sou die vers dalk eerder so gebuig het

Gillende klippe breek
alles waarna ek strewe,
in duisende seer skerwe!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

#7
Klimaat verander seisoene,
vriende in skerpioene!

Dit werk vir my.  Jy het uit die boks gedink en gedig. Digkuns hoef nie sin(ne) met werkwoorde te maak nie. 'n (on)sin sonder 'n werkwoord dwing die leser om sy eie werkwoord "in" te dink en dus self betekenis te gee aan jou sin. Pragtig gedoen.
Die vorige twee skrywers se raad onderstreep net wat ek nou gese het. Elkeen het dit verander soos sy dit wil lees. Dit gee ruimte vir intripetasie van jou gedig.
Die res van die gedig is ook onveranderd mooi. Kan dalk met leestekens bietjie afgerond word maar ek dink dis onverbeterlik.

Sirenes gryp my ore vas.
Gister se gesigte nog so vars.
Angs breek liggaamlik af.

Gillende klippe breek deur my lewe,
alles waarna ek strewe,
skeur stukke deur die bluf.

Skaduwees skaars sigbaar
in die donker gees verwar.
Skemer brand die dag verby.

Klimaat verander seisoene,
vriende in skerpioene!
Vrese vergader voor 'n toedeur.

Stadig bereik die wete
dat giftige tonge van besetenes
later ook hul lewens verwoes.

Met 'n angs nog steeds in my
wou ek al die peste vermy.
Nou weet ek.~ Dis vir nou eers verby.

© Trapsoetjie  
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

Ek stem met Naas - dis beslis 'n uit die boks dink gedig ...

en ja - het met my eie brille na jou hart se uitdrukking gekyk

en ek is nog steeds mal oor die gedig - dis beslis 'n wen gedig en 'n moet vir boek no 2 :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Ah Willa

Naas jy moet asb vir my ook help met die gebruik van leestekens ... ek sukkel maar jong ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Ek sal probeer help waar ek kan. My gebruik van leestekens is impulsief. Ek is altyd versigtig want leestekens maak so groot verskil aan 'n gedig en wat dit beteken.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

ek is ook oortuig van dat leestekens 'n dig se gevoel en betkenis kan verander ...
dit help my nogal baie om dit hardop te lees ... maar wat ek dink en wat ander lees is nie altyd dieselfde ding nie,
ongeag van die feit dat ons almal met eie brille na die ander se hart uitdrukkings kyk

Maar Naas - jy is mos 'n slim man ... so ons kan op jou input staatmaak :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Trapsoetjie

Sjoe...Baie dankie vir al die inligting.  :toothy4:

Ek probeer nog al die leestekens leer en om dit op die regte plekke te sit. Gewoonlik as ek begin dan hol my vingers weg en as ek stop dan vergeet ek wat ek wou skryf. So ek sit later en lees en lees en lees tot dit vir my reg lyk... :icon_biggrin:

So enige hulp word regtig baie waardeer. Dankie.
:angel12:


Meraai vannie Baai

Uit die hart - diep en opreg, met woorde wat die leser laat stilstaan weens die trefkrag en beelde wat dit opwek! Welgedaan Trappies, sakie maak hoe, wat en waar jy leestekens gebruik - die is 'n boektoe-woordprag vir my  :notworthy: :book1:


PM

Baie dankie vir almal se deelname.  DIT  is wat ek beoog het met die forum.  Om gedagtes uit te ruil en saam te skaaf en skuur, te timmer en te slyp tot dit blink!

Trappies, ek is nooit bekommerd oor die leestekens voordat die woorde nie eers neergepen is nie.  Soms is dit net "'n gedagte" wat ook later "taalkundig versorg" moet word.

Beslis 'n boektoe gedig!
Om te weet is om te verstaan.