Nou nie gemmerbier nie, maar wel ook 'n keelnatmaak-resep of vier vir jou resepteboek PM
Meraai vannie baai: TUISGEMAAKTE LIKEUR:Die resep vandag by Moederlief in SA oor die telefoon gekry - 20 000km aan die anderkant van die aardbol. Hoe bekend of bemind hy is wis ek nie maar my ma wat gewoonlik niks sterker as 'n soet Kaapse wyntjie inkry nie sweer hoog en laag by die mengseltjie net so voor slapenstyd.
2 Blikke Idealmelk
1 Blik Kondensmelk
3/4 Koppie (of meer) Whiskey *Spesiaal vir jou Annie hie hie hie
1teelepel Vanilje
Klits Idealmelk tot effens styf
Voeg kondensmelk en vanilje by
Verdun met coke indien verkies en geniet!
Anselize:Tuisgemaakte Likeur (Karin)
1. Koffieroomlikeur (lewer 500 ml)
1 blikkie kondensmelk
170g blikkie ingedampte melk
7 ml vanielje geursel
10 ml sterk kitskoffiepoeier (aangemaak met bietjie kookwater)
12,5 ml gliserien
250 ml Whisky
* Meng bestanddele, gooi in 'n bottel en verseël.
* Laat staan minstens 7 dae lank.
* Skud gereeld.
2. Roomlikeur (lewer 750 ml)1 blik kondensmelk
250 ml vars room
125 ml Whisky
125 ml Brandewyn
2 eiergele
10 g donker sjokolade gesmelt
12,5 ml vanielje geursel
* Meng die bestanddele saam in 'n menger of versapper.
* Klits vir ongeveer 15 minute.
* Hou koel en bedien.
_______________________________________
3. Koffielikeur (lewer 1,7 l)500 ml water
500 g wit suiker
250 ml sterk swart koffie (moerkoffie)
375 ml vodka
375 ml rietspiritus (Cane)
200 ml desertwyn
25 ml vanielje geursel
* Kook stroop van water en suiker, voeg dan koffie by en meng. Laat afkoel.
* Voeg vodka, rietspiritus, desertwyn en vanielje by. Laat koud word.
* Gooi in bottels en verseël. Laat staan 3 - 4 weke voor gebruik.
Meraai vannie baai:Snik snik en eina pyn
Gatkant het nie cane!
Naas:Meraai jy kan die cane met brandewyn of whiskey vervang.
Dit hang af waarna jy mik.
Onthou altyd die volgende formule:
Cane vir die pyn
whiskey makes you frisky
and brandy makes you randy.
©
bertha badprop:hoe groter die glas
hoe ligter die las
En bb lig haar glas: Op goeie drank en slegte gewoontes!
©