• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PhotoScape (11) Paint Brush & Combine

Started by Meraai vannie Baai, March 22, 2012, 03:39:25 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Vanuit die "Tools" funksie kies jy 'Paint Brush'. Lees die instruksies of volg die kort video om te sien wat hierdie funksie jou alles bied. Ek het die omlyning gedoen vir 'n vakansieprojek vir mammas wat kabouters wil besig hou. Laat hulle eers 'n peuselhappiefiguurtjie maak. Neem dan 'n foto en laat hulle die program gebruik vir 'n kunswerkie wat hulle kan deel met die familie, maters ens.  Die 'undo' funksie maak dit maklik om foutjies te herstel en oor en oor op selfde fototjie te oefen.
Baie goeie 'hand-oog koördinasie' oefening vir die kabouters.

Die voor en na foto het ek met die program se 'Combine' funksie uit die 'toolbar' heelbo aan die blad gedoen. Daar waar
Viewer, Editor, Batch Editor, Page, Combine, Animated GIF, Print en PhotoScape is.

Jy sleep die fotos wat jy wil gebruik oor na die regterkant nadat jy die funksie gekies het. Daar kan jy kies of dit langsmekaar of ondermekaar moet verskyn. Lekker speel!


Fransi


Meraai vannie Baai

Bly jy het hier aangedoen Fransi  :toothy4: Ek geniet die program elke dag ... dit is so eenvoudig en maklik. So baie wat 'n gewone fototjie daardie ietsie spesiaals gee ne!

Fransi

Ek verstom my elke keer. :-) Dit is werklik besonders, veral die kunstige, kreatiewe manier wat jy die "tools" gebruik.

PM

Amper eet ek jou foto'tjies op!  Het so pas tuis gekom en kon nie wag om te sien wat julle gedoen het terwyl ek weg was nie.  Dit is pragtig en dankie vir die deel daarvan Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.