Author Topic: Duplo  (Read 2797 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Duplo
« on: March 20, 2012, 02:38:17 PM »
'n Ou gediggie wat ek gaan uitgrawe het vir die nuwe boek.

Duplo
(Ons Mamma se begrafnis.)

Biggelende bande om die kis
laat dit pynlik stadig afsak na benede.
Ek kyk op
en sien jou daar staan
gesig strak,
tande op mekaar geknars,
vuiste gebal.
Ek sien jou kaal gekapte siel
en ek weet,
dit is droefheid wat jou spiere span,
roerloos ruk
en pluk,
net ek alleen kan dit sien.
Ek soek na jou liefdevolle oë
en as ek dit vind kan ek nie bepaal
of is hulle blou,
of grou,
of grys,
of groen nie,
maar die boodskap wat dit dra
skiet soos skote uit ,
donderend dawerend dwars deur my hart.
Die groot besef sny soos ‘n mes deur my siel,
die skokgolwe wip in vlae deur my lyf
en so
vind elke pyl sy plek in my hart
in my siel
in my wese
in my selfverwyt.
Wat ‘n sware dag.
Ek wat als gereël het,
het vergeet,
dit is jou verjaarsdag.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Duplo
« Reply #1 on: March 20, 2012, 03:08:44 PM »
Het hy jou toe vergewe? Dit was nou nie dat jy dit doelbewus gedoen het nie.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duplo
« Reply #2 on: March 20, 2012, 07:30:54 PM »
Ai, dat 'n mens op jou verjaarsdag, die vrou wat aan jou lewe geskenk het moet begrawe!  Ek het my vir jare self verwyt matertjie.  Toe ek dit kon regkry om myself te vergewe het dit sommer baie beter gegaan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Duplo
« Reply #3 on: March 20, 2012, 11:19:14 PM »
Eina eina eina!!!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Duplo
« Reply #4 on: March 22, 2012, 07:49:46 AM »
 :hello:

Dit is 'n groot eina. Dit moet dan baie moeilik wees om ooit weer jou verjaarsdag as jou verjaarsdag te sien en nie die dag van begrafnis nie. 'n Dag van bittersoet. Aangrypend geskryf.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Duplo
« Reply #5 on: March 22, 2012, 01:19:17 PM »
My een vriendin en haar man verjaar 3 dae uitmekaar ... Pieter was eers met Trudy getroud, 'n fungus het haar lewendig opgevreet - dit was erg - sy sterf op Gillian se verjaarsdag ... en is op Peter se verjaarsdag begrawe - 3 jaar later is die tweetjies getroud .. maar op haar verjaarsdag en sy verjaarsdag dink ons almal aan Trudy ...maar hulle het dit omgeswaai in 'n mooi tyd ... ons almal bring foto's saam van Trudy en ons deel mooi en snaakse oomblik wat ons met haar gehad het met mekaar :-)  en eet dan al die goedjies waarvan ons kan onthou Trudy van gehou het ... so is Gillian en Peter se verjaarsdae nou onthou nog en beleef weer - maar positief nie negetief nie ...

ongelooflik mooi gedig PM!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Duplo
« Reply #6 on: March 24, 2012, 01:16:58 PM »
Dankie julle, ek plaas solank die goedjies wat in die nuwe bundel moet kom.  Dalk is ek gelukkig dan help julle my daar verbeter kan word.

Om te weet is om te verstaan.