• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Duplo

Started by PM, March 20, 2012, 02:38:17 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

'n Ou gediggie wat ek gaan uitgrawe het vir die nuwe boek.

Duplo
(Ons Mamma se begrafnis.)

Biggelende bande om die kis
laat dit pynlik stadig afsak na benede.
Ek kyk op
en sien jou daar staan
gesig strak,
tande op mekaar geknars,
vuiste gebal.
Ek sien jou kaal gekapte siel
en ek weet,
dit is droefheid wat jou spiere span,
roerloos ruk
en pluk,
net ek alleen kan dit sien.
Ek soek na jou liefdevolle oë
en as ek dit vind kan ek nie bepaal
of is hulle blou,
of grou,
of grys,
of groen nie,
maar die boodskap wat dit dra
skiet soos skote uit ,
donderend dawerend dwars deur my hart.
Die groot besef sny soos 'n mes deur my siel,
die skokgolwe wip in vlae deur my lyf
en so
vind elke pyl sy plek in my hart
in my siel
in my wese
in my selfverwyt.
Wat 'n sware dag.
Ek wat als gereël het,
het vergeet,
dit is jou verjaarsdag.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Het hy jou toe vergewe? Dit was nou nie dat jy dit doelbewus gedoen het nie.

:angel12:

PM

Ai, dat 'n mens op jou verjaarsdag, die vrou wat aan jou lewe geskenk het moet begrawe!  Ek het my vir jare self verwyt matertjie.  Toe ek dit kon regkry om myself te vergewe het dit sommer baie beter gegaan.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Eina eina eina!!!

Fransi

 :hello:

Dit is 'n groot eina. Dit moet dan baie moeilik wees om ooit weer jou verjaarsdag as jou verjaarsdag te sien en nie die dag van begrafnis nie. 'n Dag van bittersoet. Aangrypend geskryf.

Ah Willa

My een vriendin en haar man verjaar 3 dae uitmekaar ... Pieter was eers met Trudy getroud, 'n fungus het haar lewendig opgevreet - dit was erg - sy sterf op Gillian se verjaarsdag ... en is op Peter se verjaarsdag begrawe - 3 jaar later is die tweetjies getroud .. maar op haar verjaarsdag en sy verjaarsdag dink ons almal aan Trudy ...maar hulle het dit omgeswaai in 'n mooi tyd ... ons almal bring foto's saam van Trudy en ons deel mooi en snaakse oomblik wat ons met haar gehad het met mekaar :-)  en eet dan al die goedjies waarvan ons kan onthou Trudy van gehou het ... so is Gillian en Peter se verjaarsdae nou onthou nog en beleef weer - maar positief nie negetief nie ...

ongelooflik mooi gedig PM!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dankie julle, ek plaas solank die goedjies wat in die nuwe bundel moet kom.  Dalk is ek gelukkig dan help julle my daar verbeter kan word.

Om te weet is om te verstaan.