• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oupa Naas, ons wag saam met jou!

Started by PM, March 19, 2012, 07:05:25 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hi julle, Naas word more Oupa! 
Naas, ons hoop alles sal voor die wind en seepglad verloop!
Ek sit met my neus net hier voor die skerm en wag in aller yl, om die nuus te ontvang!
Kom deel dit asseblief met ons! 
Ek hoop van harte dat jy 'n slapie inkry, want jy gaan dit nodig hê!
:love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dat hierdie jong man nou so 'n ou titel moet dra...  :icon_scratch:





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Siestog, daar was ook 'n tyd toe ek nog gedink het dat ek jonk was!  Ha-ha-ha! Naas, aanvaar maar dat ouderdom en oupaskap, ook wysheid bring.  Al glo die kinders dit nie.  Dit is daar!
Ek is bly dat ek in die "laaste ure" saam met jou kan wakker bly om die wonderlike ervaring van "oupa" te kan deel. 
Hier gaan nuwe deure oop, nuwe ervarings, jy sal nie eers weet wat jou getref het nie! Dit is die wonderlikste ervarings wat 'n mens kan wens om te hê!
Ons praat more weer!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ekke wag saam, en AMEN op alles wat jy geskryf het PM. Voorwaar is dit DIE wonderlikste titel onder die son, maan en sterre - tot sesvoet onner die grond ook! Naas jy gaan nooooit weer selle wees mater!  :icon_cheers: :love7: :icon_salut:

PM

Dit is so.  Toe hulle vir my vertel het dat 'n mens liewer is vir jou kleinkinders as vir jou eie, was my reaksie:  NOOIT! maar dit is die waarheid!

Nog geen nuus nie Naas?
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Nanja is vanmiddag 10 oor vier gebore.
Ek sal Foto later op FB sit. Kry dit nie altyd hier reg nie.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ag wonderlik Oupa Naas.  Baie geluk! Sê asseblief baie geluk aan die ouers en Ouma Naas en Oumagrootjie Naas!
Ek weet sommer dat die klein prinsessie vir julle baie vreugde gaan bring!
Kom plaas asseblief die skakel na die kleinding se foto's.  Ons is baie dankbaar dat alles goed afgeloop het. 
:love7:
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Baie geluk aan Oupa en Ouma en Ouma grootjie en Mamma en Pamma en as ek dalk iemand uitgelaat het sorry maar geluk. O en wou  nog se dis nie jou skuld die kinders het so jonk begin met kinders nie, so jy is maar 'n jong Oupa.....as jy verstaan  :dontknow:

:angel12:

Meraai vannie Baai

Baija baija geluk mater!! Drukkies vir almal en soentjies :toothy4: vir kleinding op daardie sagte ou wangetjies  :notworthy: :hello2:


Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Fransi

Baie geluk en mag julle baie jare van 'n innige verhouding deel.

Ah Willa

 :hello2: Baie geluk - nou het jy weer verskooning om kind te wees saam jou klein kind  :kermit:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ag help asseblief met daardie skakel na die kleinkind se foto's.  Dit werk nie vir my nie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.