• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Boela se lus

Started by adele, March 15, 2012, 03:47:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Agter die broodboom loer hy uit. Skelm, vanwaar die Witstinkhout se stam skadu gooi. Ek verstil langs die hoek met my hand op Boela se groot donker kop met die swart snoet. Nog 'n tree of twee vorentoe dan sal daardie bosveldfisant ons gewaar en begin hardloop.

Bosveldfisant. In die middel van die Vrystaat. Maar ek gee nie om wat hy genoem word of waar hy vandaan kom nie. Hy is nou in my erf en as Boela hom gewaar is daar pêre...e..vere. Fisant se kind is nie swaeltjie-liggewig wat net opvlieg nie. Hy het 'n aanloop nodig en my erfdraad is hoër as ses voet. Om veldlikkewane en slange uit te hou. O ja, skilpaaie ook. Hulle het 'n gesofitikeerde smaak vir veldlelies wat vroeglente met groot pienkwit streepkelke die vaal winterveld soos 'n japanse waaiertjie oopvou.

Fisant en vroutjie bly in die veld langs my by die peperboom; so honderd tree ver. Dit was broeityd gewees. Nou boer hulle saam met twee kleintjies in die hele veld om die paar huise naby myne. Groot, bruin met kenmerkende vlekkies en swartbruin bene en die bekende rooi oogarea met die keelvelletjie, ook rooi. Laat my so aan Ouma se kalkoene dink. Gelukkig hoef ék nie hierdie keer weg te hardloop nie.

Boela se groot boerboellyf tril sommer van opgewondenheid. Hy is al 'n goeie agt jaar oud; het kleintyd 'n katgriep en onlangs bosluiskoors oorleef maar hou selfs die groot bosduiwe op hulle pote. Of op die dak want hulle bly te veel om te verjaag. Tussen my en Boela is daar 'n sterk band van wedersydse beskerming en omgee.

Of die wind draai...en of sy sesde sintuig hom gewaarsku het, weet ek nie. Sy eerste treetjies is kort, asof in 'slow motion' maar toe Boela se grom onder my hand bewe en hy vorentoe dors na vars kuikenvleis, trap daardie fisant se pote twee duim bokant die grond op lug vas en na die derde tree klap sy vlerke hom oor die heining. Boela verwens die draad laat die hoekpaal blosend wegkoes.

Rustig sak ek in die kampstoel op die stoep neer om die sonsondergang te geniet. Die varsgekookte geelmielie laat die botter oor my vingers drup.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

#1
Dit is regtig mooi geskryf en ek het dit so geniet, sal dit beslis weer kom lees Adéle.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

#2
Dis pragtig. Gevoel of ek ook daar staan met my hand op Boela se kop. Wens ek kon so lekker skryf.

:angel12:

Ah Willa

die mooiste vergelyking wat ek in jare gelees/hoor het:

Hulle het 'n gesofitikeerde smaak vir veldlelies wat vroeglente met groot pienkwit streepkelke die vaal winterveld soos 'n japanse waaiertjie oopvou.

lekker gelees - DANKIE
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

dankie vir julle kommentaar, lekker om te weet julle geniet daardie toneeltjie saam met my.
ek bly mos nou inni natuur en beleef gereeld sulke toneeltjies wat hartsnare laat tril

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Fynproewerswoorddis!!!!

PM

Sies Adéle, waar dink jy gaan ek nou 'n jong, warm, groenmielie kry?  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

    :coffee2:   deel maar 'n kopikofi met my, lief vriendin   :toothy4:  vir jou

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Dankie matertjie, ek deel graag!  Ek sien in my verbeelding hoe ons daar op die stoep sit en oor die mooie natuur uitkyk.  Genoeg rustigheid om 'n mens se siel te voed.  Mis ek jou nou 'n skilpad uit 'n bos uit!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

so gepraat, ja, dit bly so lekker maar ek kry nou min tyd en die winter klop aan die sifdeur.
en ek doood oor mielies, lekkerste lekker...

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

seg die ouens wat weet van die bloedgroepdieet... baie sleg vir PM.  Maar moet jou nou nie verbeel dat ek enigsinds vir hulle gaan luister nie!  Not 'n tiekie!  Ek is mos 'n boerenooi en tien kilogram ekstra is net soveel meer om lief te hê!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

'n mielie of twee
gaan beslis nie jou lyf
nog 'n ronding gee...

:grommit:
adéle  :grommit: