• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Insig.

Started by PM, May 06, 2011, 12:00:59 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Insig.

Met my kierie in die hand
loop ek tot by die strand
en maak my tuis op ‘n rots
nie te ver van die kant.

Ek sien hoe mis uit die see opslaan
en oor die berge vou,
hoe die wind ruk en pluk aan my rou
as ek onthou van wolke
met Josef se droomkleed aan.

Ek proe die reuk op my tong
wat uit die wasem oor die water kom,
sien wit seeperdjies wat speels
oor die branders wip
en weer sagkens verdwyn.

As die laatmiddag se snoekgeur
die kamers van my onthou binnesluip
en met alle mag boontoe beur,
dan sien ek die vissersbootjie wieg in die water
en die houthuisie se weerkaatsing in die rimpels.

As ek per ongeluk op die kerriebos trap
en die bitter reuk van onthou klap my teen die hart,
dan probeer ek deur die golwe van duisternis gly,
by al die vrae verby,
terug na die dae,
toe ek nog kon sien.
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

PM

Oee ek hou hiervan en ja die wasem is beter (as ek reg onthou het jy dynserig eers gebruik).

PM

Dankie Jeannedarc.   

Ja, ek het dyserigheid gebruik en toe wys van die ander skrywers my daarop dat mis of wasem beter sou pas en toe maak ek so.  Ek hou ook meer daarvan so.  Dit is gaaf van medeskrywers om hulle insit te gee.  Ek lief dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Hierdie is 'n werklik pragtige sintuiglike gedig. Trefferslot en 'n baie skerp titel.

Ek dink daar is moontlik een spelfoutjie in: vissersboodjie = vissersbootjie

Baie goed geskryf.


PM

Ag vreeslik dankie Fransi.  Spelling en ek was nog nooit maats nie, en dit is so 'n maklike reël om te onthou.  Ek waardeer dit opreg.  Kyk nou hoe sou ek my geskaam het as dit tussen vreemdes moes gebeur!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Doodreg PM, ek ruil weer baie keer die klinkers om en soos jy en die ander reeds weet is leestekens my Moses. Seker bietjie dislekties.  :icon_biggrin:

PM

Ek lees weer wat jy sê oor die titel van die gedig.  Dit is my skerp manlief wat die titel voorgestel het en dit pas soos 'n handskoen.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin: so van manliewe gepraat: Ek wys vanoggend 'n epos vir my man met vrae wat o.a. jou laterale denke toets en hy het woerts warts deur dit gegaan en slegs een vraag nie onmiddellik kon antwoord nie.

Die titel pas werklik perfek. :-)

PM

Dankie tog vir slim manliewe!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

adele

dit lees goed en is vir my baaaie mooi geskryf. ek lees dit sommer weer en sien die bootjies dobber en die kleurwolke wat weerkaats.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Dankie matertjie.   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Prrragtig matertjie  :hello2: :icon_salut:

Rainier

Pragtig, mal daaroor!

Ans Botha

Ek stem mat almal saam dit is pragtig. 'n Mens leef jou in die gedig in. Pragtig PM

PM

Dit is my gunsteling gedig.  Kyk net weereens hoe mooi het almal my gehelp om dit te verbeter.  Ek lief julle, baie dankie vir die mooi komtaartjies. 
Om te weet is om te verstaan.