• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Nuwe uitleg

Started by Naas, March 11, 2012, 04:56:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek is mal, gek na, dolverlief op die nuwe uitleg van die forum. Die soos 'n vars briese in die woestyn.
Net 'n ligte versoekie. Kan die font 'n bietjie groter gestel word? Ek het 'n bril nodig om my eie gedagtes te lees en sukkel bietjie met die kleiner font.
Maar dankie vir die harde werk. Dis weagtag prartag.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Willa, ek hou van hierdie uitleg.  Dit is alles mooi bymekaar en 'n ou hoef nie te rol en rol tot doer onder nie.  Ek persoonlik dink die uitleg is uitstekend gedoen.  Al wat my hinder is die kleur van "Passievol Afrikaans" en aan die regterkant, bo in die hoekie, is oormekaar geskryf op my skerm.  Ek stem ook saam met Naas oor die grootte van die skrif. 
Ek vra ook dat al die ander lede asseblief hulle mening moet kom gee. 
Dankie Willa vir jou moeite en groot werk, ek waardeer dit opreg.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Naas en Petra

Kan def die skrif grooter maak en duideliker

Watter woorde is oormekaar??    (Petra hoe groot is jou skerm - ons werk op wat die meeste mense tans sal he - maar dis nie noodwendig waar vir die forum nie - as elkeen net vir ons kan se hoe groot hulle skerm is - dan kan ons 'n middel punt neem - ons gebruik altyd die middelpunt sodat meeste mens 'n webtuiste of forum kan sien in dieselfde formaat - maar die meeste mense gaan mos nie lede by die forum wees nei - moontlik net die webtuiste deur blaai.

Watter kleur wil julle Passievol Afrikaans! he  dan pas ek dit so aan ;-)

Andre en ek het ook gedink die manier waarop die bar hier bo werk - maak dit makliker om knoppies te vind en te druk ...  home help search ens

dan die feit dat jy al die kategorie kan oprol en net die een wat jy tans gebruik afgerol hou - dan hoef mens nie so op en af te scroll nie

en die Show unread post and new replies op die header se regterkantste hoek maak dit ook makliker om te vind en gouer op te vang ;-)  (op die ander stylesheet was dit bietjie weg gesteek)

enige ander voortelle of versoeke - Andre en ek sal ons bes doen   :wav:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dit is net hier waar my probleem lê:
en die Show unread post and new replies op die header se regterkantste hoek maak dit ook makliker om te vind en gouer op te vang ;-)  (op die ander stylesheet was dit bietjie weg gesteek)
Ek kan nie op die "Show unread post and new replies" klik nie, dit wil nie werk nie, want "Om te kan deelneem..." staan daar bo-oor geskryf.
My skerm is seker 17 duim, ha-ha, min of meer   en ek wens ek kon 'n groter een kry. (Dit was die ander vraag wag ek wou antwoord wat ek vergeet het  :color: )
Speel maar met die kleur van die "Passievol Afrikaans".  As dit moontlik is kan jy dit dalk die helfte kleiner maak?
Dit is ook vir my moeilik om die venstertjie waarin ons "reply" raak te sien. 
As dit moontlik is wil ek ook later, as al die ander goed in plek is en ons het die spelfoute op die webtuiste se tuisblad, reg gemaak, iets aan die "smilies" wil doen. 
Ek weet nie of dit so gaan bly nie, maar ek is verheug om te sien dat ons nou poësie en lê sonderder probleme kan skryf. Ons kinders is ook nou in 'n hoërskool.  :icon_biggrin:
Dankie vir julle moeite, ek waardeer dit.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek lees op FB dat adele dieselfde probleem ervaar met die oormekaar geskryf in die regter-bokant-hoek. Wie sien dit nog so?
As iemand nog voorstelle het, of as iets nog hinder, kom deel dit asseblief met ons.
Om te weet is om te verstaan.

Karin

Love die nuwe look en feel! Welgedaan span.

Naas

#6
Kyk onder, regs in die hoekie. Myne seg 100%. As jy op "af" pyltjie klik kry jy 'n Afvallysie wat jou toelaat om die skerm se grootte te verander. Maak net die persentasie kleiner en die opskrifte sal reg inpas.
As ek myne by "custom" op 110% stel is die skrif ook sommer meer leesbaar en alles pas nog in.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

PM - Naas het nou mooi antwoord gegee- so hy is verby hoërskool - hy is al op Universiteit  :icon_cheers:
dis wat Andre ook gese het toe julle genoem het van die skrif en oormekaar woorde ...

Naas watter browser gebruik jy om mee te browse??  Chrome / Firefox / Internet Explorer ????

as daar probleme ondervind word en julle kan dit nie hier geskryf kry nie - email andre@trusoft.co.za of willa.truter@trusoft.co.za  - ons is maar min op Facebook - al lyk dit of ek heeldag daar is - ek gebruik die uur wat ek wel inteken elke dag net baie goed  :toothy4:

AB kon ook nie sy profiel stel nie PM - ek het voorgestel dat hy met jou praat - want ek weet nie vir watter users watter toestemmings jy toestaan nie - ek is mos maar nog die suiggeling hier rond

Ek kan die blou woorde kleiner maak en 'n ander kleur - en dan bly julle net se not this totdat julle smile  - ek gee nie om om meer as meer te probeer nie  :hello2:  Sal dit vanaand of more doen - ek het net 'n deadline waarteen ek vir lewe en dood veg vandag   :crybaby2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Naas

Ja daai ene. Internet Explorer.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

julle moet bietjie Chrome probeer - dit rock!!

:angel12:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Ek wil net sê, julle rock  :headbang: As die paar spelfoutjies herstel is by die voordeur hang onse woordpaleis weer ewe netjies in sy skarniere. Liefff die nuwe jassie. Lig myse pienkhoed; knakkie rimtiek-knieg vir meneer en mevrou Slim Dink  :notworthy:

PM

Ek waardeer Willa se inset.  Sy is op die oomblik nog besig met 'n handvol projekte en het nog haar weg oop gesien om te help.
Dankie vir almal se geduld.
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Die rooi bo-aan. Om te kan deelneem een woord ander sal elke ou sy deel neem en trek.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie Naas, ek slaap nog die slaap van die onskuldiges.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

jule weet mos ek kan nie spel nie ... ek is mos hier om te leer .. skiesie nog nei die blou verander .. ek gaan dit nou doen en dan gaan ek daai spelfout regmaak - dis op die image ... wag laat ek loop reg maak foor die vorum storm ...  :toothy4:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w