• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Sand-spore

Started by Naas, March 11, 2012, 04:50:38 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ons more-strand se sand
lê maagdelik en wyd voor ons uit.
'n Spierwit reine skildersdoek
wat ons verfkwas-spore soek.
Plat, skoongevee
deur die lewens-see.

Op gister-strand se sand
slinger kruis en dwars nog vars
ons liefdes-spore hand in hand.
Speels getrap en baldadig
trippel-huppel hulle veerlig
in die vreugdes van gistraand.
   
In die nou-strand se sand
verf ons geduldig en onskuldig
met passie aan ons lewensdoek.
'n Meesterstuk.
'n Liefdes-skildery.
Saam-spore, ek en jy.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Ah Willa

dis 'n WOW!!  Ek kan amper hoor hoe die woorde gesing word ...

sjoe Naas, jy mag maar hoor!!  Dis 'n prag gedig!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

'n Harde duidelike WOW!!! vir jou Naas.  Pragtig geskryf.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dis pragtige woorde.

Jy het 'n wonderlike manier om my vas te hou met jou woorde wanneer jy skryf. Wel praat ook..ha ha ha.

Wil amper sê "Well done"

Naas

Ek is maar net een, maar ek ís een.

Naas

Loer hier oor 'n gas se skouer en sien dat die forum se naweeksand onaangeroerd agter en voor my lê. Ek sal maar solank kringe in die sand hardloop.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Jy bly 'n meester van strukture Naas  :notworthy: :hello2: :icon_salut: