Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on March 11, 2012, 04:50:38 AM

Title: Sand-spore
Post by: Naas on March 11, 2012, 04:50:38 AM
Ons more-strand se sand
lê maagdelik en wyd voor ons uit.
‘n Spierwit reine skildersdoek
wat ons verfkwas-spore soek.
Plat, skoongevee
deur die lewens-see.

 Op gister-strand se sand
slinger kruis en dwars nog vars
ons liefdes-spore hand in hand.
Speels getrap en baldadig
trippel-huppel hulle veerlig
in die vreugdes van gistraand.
   
In die nou-strand se sand
verf ons geduldig en onskuldig
met passie aan ons lewensdoek.
‘n Meesterstuk.
‘n Liefdes-skildery.
Saam-spore, ek en jy.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sand-spore
Post by: Ah Willa on March 11, 2012, 11:14:31 AM
dis 'n WOW!!  Ek kan amper hoor hoe die woorde gesing word ...

sjoe Naas, jy mag maar hoor!!  Dis 'n prag gedig!!
Title: Re: Sand-spore
Post by: PM on March 11, 2012, 02:07:20 PM
'n Harde duidelike WOW!!! vir jou Naas.  Pragtig geskryf.
Title: Re: Sand-spore
Post by: Trapsoetjie on March 15, 2012, 10:51:35 AM
Dis pragtige woorde.

Jy het 'n wonderlike manier om my vas te hou met jou woorde wanneer jy skryf. Wel praat ook..ha ha ha.

Wil amper sê "Well done"
Title: Re: Sand-spore
Post by: Naas on March 16, 2012, 09:24:37 AM
Dankie julle.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sand-spore
Post by: Naas on August 19, 2018, 03:41:03 AM
Loer hier oor 'n gas se skouer en sien dat die forum se naweeksand onaangeroerd agter en voor my lê. Ek sal maar solank kringe in die sand hardloop.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sand-spore
Post by: Meraai vannie Baai on August 19, 2018, 05:41:51 AM
Jy bly 'n meester van strukture Naas  :notworthy: :hello2: :icon_salut: