• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Adios

Started by PM, May 06, 2011, 10:21:17 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Afgeëts teen die volmaan
Staan ‘n stil figuur
        -alleen-
op ‘n gitswart rots.
In ‘n waan van vrede
klots die branders rustig
daar ver benede.

Daar doer ônder,
bots en breek die waters
blink sproei  teen die maan.
Die man se gedagtes blyk
vêr daarvandaan.   

Sy oë op die horison
en sy hand op sy hart                 
staan hy roerloos daar
en ek wonder...
wat glip deur sy onthou,
of waarna hunker hy?

‘n Naguil roep...
afgeëts teen die volmaan,
‘n gitswart rots alleen
en in ‘n waan van vrede
klots die branders rustig
om hom heen.
Om te weet is om te verstaan.

Louis

ek hou  van hierdie gedig. hou van jou bree beskrywing van n treurige, maar gereelde gebeurtenis,met so min woorde en so baie impak

PM

Dankie Louis.  Jy is dierbaar om te lees en nog 'n komtaartjie ook te gee.   :hello2:  Skort daar iets, hoe kan ek verbeter.
Om te weet is om te verstaan.

Louis

ek dink dit is pragtig soos dit daar is.

PM

 :bootyshake:  Hoe waai ek my stertjie nou!   :icon_biggrin:   Dankie mater.
Om te weet is om te verstaan.