Author Topic: Wil net graag!  (Read 7248 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Cindy

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 4
Wil net graag!
« on: March 07, 2012, 07:53:33 AM »
Hi ek wil net graag iets weet vandag hoekom is ons mense so bang om te vra vir hulp of sal ek se hoekom is ons ook bank om dit te gee. :angel7:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wil net graag!
« Reply #1 on: March 07, 2012, 10:08:04 PM »
Cindy ek praat slegs uit my eie ondervinding. Raad wat ons gee, word soms as inmenging beskou. Ek lief my twee skoondogters met my hele hart maar het baie gou agtergekom dat 'raadgee' uit is soos 'n opsitkers na tien die aand :) Kan boeke skryf oor goedbedoelde raad wat verkeerd vertolk is. Ek vra maklik raad, het nie 'n probleem nie, maar het ook al (gelukkig lees Outop nie hier nie LOL) besef dat ons verdwaal in ons malle kanon in - maar padvra sal myse Adam NIE! Hy stry tot met die pratende padkaart en volg sy eie kop. Ons sien darem baie mooi plekkies so in die proses.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Wil net graag!
« Reply #2 on: March 08, 2012, 09:23:14 AM »
Ek persoonlik vra maklik vir raad en as ek daarna gevra word, gee ek maklik my inset.  Dit is soos Raaitjie sé, 'n mens bedoel goed, maar soms word dit as inmenging beskou.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Wil net graag!
« Reply #3 on: March 11, 2012, 11:09:20 AM »
Vir my af dit af van wat dit is ...

iets wat ek moet leer of doen - en ek weet nie hoe nie - dan vra ek gou
as ek nie weet waar ek is of hoe om daar te kom nie - dan vra ek gou

as dit vir iemand anders in nood is, is ek ook nie skaam om rond te vra nie

maar as dit kom by iets wat ek nodig het, bly ek stil - nie omdat ek trots is nie - maar oor dit is hoe ek groot gemaak is - my ma het my nooit toegelaat om keuses te he nie en daar was nie iets soso jy het nodig nie .. jy het of jy het nie en dan moet jy sien kom klaar met wat jy het ...

ek bied ook nie sommer bv my hulp aan in die kombuis as ons by mense kuier nie - nie omdat ek lui is of dink ek is te goed nie ... maar oor my ma se woorde - gaan sit stil en gedra jou en as ek net nies was ek innie warm water ... as jy my vra om te help, help ek graag.  As mense by ons kom, omdat ek so oop is ... se ek altyd maak jou tuis, neem wat jy wil he .. as jy dit nie vind, het ons dit nie wat ons het nie geheime nie ...

Ek gee ook nooit raad nie ... want dit word altyd verkeerd verstaan.  Ek bied ook nie sommer hulp aan nie, behalwe as ek kan sien hier loop dinge lelik skeef en dan is ook versigtig hoe ek dit aanpak ... vra gewoontlik, wat kan ek doen om jou mee te help?

Maar ek meng altyd in as ek abuse gevaar - ek gee nie om of dit kind/oumense/man/vrou of dier of watter vorm van lewe is nie - daar bly ek nooit stil nie en bied altyd die kennis wat ek het aan om 'n herhaaling te voorkom.  Hetsy dit is om na die polisie te gaan, social worker ens of om die persoon te educate oor wat beter manier is om die mens/dier/plant/ ens te behandel.
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Wil net graag!
« Reply #4 on: March 12, 2012, 08:04:00 AM »
Dit is altyd goed om te weet hoe, of hoekom, mense optree soos hulle optree.  Om te weet is om te verstaan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Wil net graag!
« Reply #5 on: March 12, 2012, 12:04:33 PM »
Vir my af dit af van wat dit is ...

dit moes gelees het ::

vir my HANG dit af van wat dit is  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w