Author Topic: PhotoScape (9) Groepering/collage  (Read 6317 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
PhotoScape (9) Groepering/collage
« on: March 05, 2012, 11:14:26 PM »
Heelbo aan die ry funksies na jy die program oopgemaak het, is daar langs 'Batch Editor' 'n Page funksie. Kliek daarop.

Regs sal daar 'n klompie voorafuiteengesette vorms verskyn waaruit jy kan kies hoe jy die saamgestelde formaat van jou fotos wil laat vertoon.

Aan die regterkant sal jou foto albums wees. Vandaar sleep jy die fotos tot in die blokkie waar jy dit wil plaas. Jy sal sien dat die fotos effens rondgeskuif kan word. As jy nie van die foto hou kliek regs daarop en vee uit. Kies na hartelus en geniet. Onthou om dit te 'save'

Voorbeeld 1: Gebruik as 'so maak mens'



Voorbeeld 2: Geskenkie aan die familie



Voorbeeld 3: Deel jou ervarings op een foto



« Last Edit: March 07, 2012, 10:01:13 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PhotoScape (9) Groepering/collage
« Reply #1 on: March 06, 2012, 05:43:23 AM »
 :hello:

Dankie vir die lieflike raad. Ek is mal hieroor.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (9) Groepering/collage
« Reply #2 on: March 06, 2012, 06:33:17 AM »
Jy is so handig Raaitjie.  Ek is mal oor die "familiegeskenkie".  Dit is pragtig.
Dankie dat jy kort-kort met ons kom deel. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PhotoScape (9) Groepering/collage
« Reply #3 on: March 07, 2012, 12:32:26 AM »
'n Groot voorreg maters! Wil gou ook wys hoe julle hierdie funksie nog kan gebruik om familiefotos te deel. As jy 'n paar groeperings reeds geskep en bewaar het, maak dan 'n nuwe vorm oop en trek jou groeperings (wat nou as enkelfotos vertoon) oor in die spasies waar dit vir jou die mooiste pas. Ek het met die onderstaande voorbeeld, twee groeperings en twee enkelfotos gebruik.



Ander funksies gekombineer:
Hier het ek weer 'n groepering binne groeperings geplaas, een deel het ek vooraf geraam en toe ook die geheelbeeld weer geraam om te wys dat die ander funksies van die program nog steeds toegepas kan word. Lekker speel hoor!

« Last Edit: March 07, 2012, 04:26:32 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PhotoScape (9) Groepering/collage
« Reply #4 on: March 08, 2012, 09:51:55 AM »
Nogeens, dankie Raaitjie.  Ek is steeds mal oor die fyn detail wat jy so graag toepas.  Dit maak 'n groot verskil aan jou foto's.  Ek leer so baie by jou.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PhotoScape (9) Groepering/collage
« Reply #5 on: March 09, 2012, 09:48:14 AM »
Ek lief dit!