• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Geen sprokieboekverhaal

Started by PM, February 20, 2012, 06:53:58 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ah Willa het  mooi gevra dat ons haar help om te skaaf en te skuur totdat hierdie sprokiesverhaal blink.

Geen sprokie boek verhaal,
vir haar om te vertaal.
Net gebroke akkorde
van gister se gisters
wat spook in môres!

en toe kom hy
'n golliant van 'n teddy bear
ferm, maar liefde vol ...

Sy liefde verstrengel
met haar geskeerde hartsnare
Sy omgee versag haar
amper weer soos 'n engel

buite tonge klap
lag hulle slap
hul weet nie
want hul wil
nie weet nie

En tog haar stukkies hart
saamgepers met sy liefde
kom maak die groot gat
aan die wegkant van sy hart
mooi netjies toe en verlig die seer

die seer wat hulle geskep het
en verskies om nie te erken nie
dit wat hulle nog oor skinder
hul verklaar dat dit tog hinder

hulle weet nie
sal ook nooi nie

want die sprokie verhaal met spoke
het hulle help skep
en die gat aan die wegkant aan sy hart
het hulle help uit skop

laat hulle begaan
verstrengel bly ons staan
mekaar opgetel
vanouf voorentoe dra.

Ah,Willa!  © :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Ek kyk net vinnig en sal weer kom kyk as ek tuis is.
Vir my sou dit beter lees sonder hoofletters en leestekens.  Kom help julle ouens!

Geen sprokie boek verhaal,  - Een begrip is een woord - sprokieboekverhaal
vir haar om te vertaal.
Net gebroke akkorde  -akoorde ?
van gister se gisters
wat spook in môres!

en toe kom hy
'n golliant van 'n teddy bear - wou jy sê 'n goliat van 'n teddiebeer
ferm, maar liefde vol ...   - liefdevol

Sy liefde verstrengel
met haar geskeerde hartsnare - geskeurde
Sy omgee versag haar
amper weer soos 'n engel

buite tonge klap
lag hulle slap
hul weet nie
want hul wil
nie weet nie

En tog haar stukkies hart
saamgepers met sy liefde
kom maak die groot gat
aan die wegkant van sy hart
mooi netjies toe en verlig die seer

die seer wat hulle geskep het
en verskies om nie te erken nie  -verkies
dit wat hulle nog oor skinder - ek sou sê "dit waaroor hulle nog skinder"
hul verklaar dat dit tog hinder

hulle weet nie
sal ook nooi nie  - nooit

want die sprokie verhaal met spoke - sprokieverhaal
het hulle help skep
en die gat aan die wegkant aan sy hart
het hulle help uit skop - uitskop

laat hulle begaan
verstrengel bly ons staan
mekaar opgetel
vanouf voorentoe dra. - van nou af  vorentoe dra

Ah,Willa!  ©
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Spelling nie my maat nie  :angel4:  en die deksellekkie help ook nie veel nie :-)

DANKIE PM  :love7:

Nou lyk hom se woordekind so:


Geen sprokieboekverhaal,
vir haar om te vertaal.
Net gebroke akoorde
van gister se gisters
wat spook in môres!

en toe kom hy
'n goliat van 'n teddiebeer
ferm, maar liefdevol ...

Sy liefde verstrengel
met haar geskeurde hartsnare -
Sy omgee versag haar
amper weer soos 'n engel

buite tonge klap
lag hulle slap
hul weet nie
want hul wil
nie weet nie

En tog haar stukkies hart
saamgepers met sy liefde
kom maak die groot gat
aan die wegkant van sy hart
mooi netjies toe en verlig die seer

die seer wat hulle geskep het
en verkies om nie te erken nie
dit waaroor hulle nog skinder
hul verklaar dat dit tog hinder

hulle weet nie
sal ook nooi nie  - nooit

want die sprokieverhaal met spoke
het hulle help skep
en die gat aan die wegkant aan sy hart
het hulle help uitskop

laat hulle begaan
verstrengel bly ons staan
mekaar opgetel
van nou af  vorentoe dra

Ah,Willa!  ©


:love7:  - nou vir die verdere skaaf werkings   DANKIE PM en ek sien uit na ALMAL se input - ekke wil LEER :)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

my pennie, as dit sal help:-
ek sal ook alles sonder hoofletters en leestekens, behalwe enkeles, skryf- anders moet jy baie mooi dink oor waar hoofletters moet wees bv


Geen sprokieboekverhaal,
vir haar om te vertaal.
Net gebroke akoorde      [akkoorde]
van gister se gisters
wat spook in môres!

en toe kom hy               [En...hoofletter want jy sluit vorige reel met 'n ! ]
'n goliat van 'n teddiebeer
ferm, maar liefdevol ...

Sy liefde verstrengel
met haar geskeurde hartsnare -
Sy omgee versag haar              [sonder hoofletter]
amper weer soos 'n engel

buite tonge klap
lag hulle slap
hul weet nie
want hul wil
nie weet nie

ens ens...

:grommit:
adéle  :grommit:

Ah Willa

Dankie Adele  :love7:

Nou lyk hom se woordekind so:


geen sprokieboekverhaal
vir haar om te vertaal
Net gebroke akkoorde
van gister se gisters
wat spook in môres

en toe kom hy
'n goliat van 'n teddiebeer
ferm, maar liefdevol

sy liefde verstrengel
met haar geskeurde hartsnare
sy omgee versag haar
amper weer soos 'n engel

buite tonge klap
lag hulle slap
hul weet nie
want hul wil
nie weet nie

en tog haar stukkies hart
saamgepers met sy liefde
kom maak die groot gat
aan die wegkant van sy hart
mooi netjies toe en verlig die seer

die seer wat hulle geskep het
en verkies om nie te erken nie
dit waaroor hulle nog skinder
hul verklaar dat dit tog hinder

hulle weet nie
sal ook nooit nie  - nooit

want die sprokieverhaal met spoke
het hulle help skep
en die gat aan die wegkant aan sy hart
het hulle help uitskop

laat hulle begaan
verstrengel bly ons staan
mekaar opgetel
van nou af  vorentoe dra

Ah,Willa!  ©

:hello2:  is reg vir verder skaaf en leer  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w