Author Topic: Hoe om 'n pad te verduidelik  (Read 21565 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hoe om 'n pad te verduidelik
« on: February 14, 2012, 07:01:26 PM »
Ek moet hierdie met julle deel en dit kan net hier gebeur by "kom ons help mekaar".
Ouens, ek kan nou nie die straatname en goete gee nie, want ek wil nou nie hê iemand moet onse Engeltjie gaan "stalk" nie.
Hannes het gevra of ek al die aanwysings gekry het om vir Ellé te gaan oplaai en ek het 'n paar keer gevra of hy dit regtig wil hoor en ja hy wou.  Ek het gelag dat die trane rol, want terwyl ek gelees het, het ek onderlangs sy liggaamstaal dopgegou.  Toe hy naderhand terug sit, arms gevou en sy kop so skeef draai, toe skater ek van die lag. 

Hier is hoe 'n mens 'n pad verduidelik. 

Daar by Trappies se sirkel stuur julle die voertuig se neus links en ry al langs die veldjie noord met die raffinadery aan jou linkerkant.  Oppas net daar by die sirkel as jy links gaan, want die hooligans ry soos maniakke. Vat dit maar rustig.
Hou nou aan met die paadjie en moet nooit jou flicker aansit nie, want dit is nie nodig nie. Erens langs die pad sal jy ‘n afdraai aan jou linkerkant kry wat sê ‘Contermanskloof’. Jy gaan nêrens daarlangs nie, maar net straight al met die pad. Oppas vir fietsryers, daars hope en hulle ry soos  padvarke. Nou is jy in ons Durbanville Hills area. Jy kry dit sommer ook net hier aan jou regterkant.  Hou verby, jy kan later gaan proe.  Net daar onder in die dippie, aan jou linkerkant, is Klein Rosetuin, of so iets. Die bome se stamme is baie rooi daar en soms hang ‘n blou stoel aan ‘n tak.
Hou verby. Hulle verbou NIE rose daar nie, al sê die plaas se naam so.  Ry versigtig, want daar naby voor jou , aan jou regterkant, is La Farge.  Moenie indraai nie, want jy sal nie eens weet jy het sement geword nie.  Hulle hou ook volstruise daar aan. Sommer net daar langs die pad. 
Aan jou linkerkant is Antikes.  Weet werklik nie wat ‘Antikes’ is, maar ek bly al vir ‘n lang tyd nuuskierig daaroor.  Miskien eendag sal ek oor die nuuskierigheid kom.  Moenie te vinnig ry nie, die pad is maar draaierig.  Nog so ‘n klein entjie en jy het  Law & Ingils aan jou linkerkant en ‘n klein hoogtetjie voor jou.  Trap maar die petrol so effens. Nie te veel, want daar voor waar die pad ‘n draai maak, is jou volgende klomp fietsryers.  Hulle sny voor L by Nitida sommer deur die wingerde vir die peace and quiet.  Jy wil soms na jou asem snak as die Heuwels so mooi onder die kombers lê.  Nou moet jy briek trap, want die draai is skerp en steil af.
Hou maar so bietjie op die briek, want  Bloemendal lê in al sy glorie links en regs van jou.  Links bo op die kop is ‘n helse toring en as jy met daardie nou sementspoortjie opry daar waar die bord vir jou wys ‘Bloemendal’ en die landsvlag waai, dan kry jy die restaurant daar bo.  Die uitsig is asemrowend.  Die oseaan lê wyd in byna alle rigtings en Robben Eiland rus soos ‘n moeë walvis in die water. (Net voor D'Aria, is 'n oop stuk veld met wilde bokke).
‘n Entjie verder is D’Aria met die baie gewilde Poplars restaurant aan jou regterkant.  Die bougainvillea links van die pad en op die rand van die donkergroen wingerde is vol in die blom.  ‘n Prentjie.  Donkergroen wingerde klou aan die heuwels en die rustigheid wil jou omvou.  Hou maar die voet op die briek, want anders gaan die geel boksie jou kiekie neem.  Ry rustig.  Daar is plaaswerkershuise langs die pad en kinders mag dalk net oor die pad handloop.
Voor jou lê die pad nog al die pad.  Tot jy die massiewe Blue Gums laan sien maak.  Voor jou is ‘n robot.  Die bord sê Tyger Valley Road – Durbanville reguit aan.  Die laan is saans pragtig as die flou ligte brand.  Dit is in hierdie laan met die jonkgroen wingerde hier langs  die pad, dat ‘Season of Sauvignon’ in Elle se kop kom val het.
Die pad maak ‘n lang draai na links.  Die Durbanville Racecourse lê so ‘n bietjie dieper in.  Nou kan jy begin konsentreer op die pad tot jy die afdraai aan jou hierdiekant sien.  Daai Street. Dit is op ‘n kort draaitjie. Draai sommer weer anderkant toe net daarna.  As jy gedraai het, is ‘n dubbel verdieping aan jou hierdie kant en anderkant is daai annerplek.  Jy is nou in Mystraat.  Ry net so ‘n entjie af tot jy aan jou hierdiekant woonstelblokke kry, die anderkantste een is waar ek woon. 
Maar voor julle verdwaal, skakel my.  Ek weet darem waar ek bly.
 
Mooi ry.

 :bootyshake:
 :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #1 on: February 14, 2012, 07:54:18 PM »
Ek weet waar haar buurvrou bly so ek sal die plek maklik kry. (maar fot 'n nok nie van daai kant se dinges af nie.)
Dis nou hoe mens mooi verduidelik Engeltjie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #2 on: February 14, 2012, 09:42:27 PM »
Ek lag vir Hannes, hy sê ek moet vir Engeltjie sê sy moet ons maar kom haal en vir ons gaan wys waar dit is. 
Nee man, seg ek, sy het mos gesê jy het nie nodig om jou flikkerligte te gebruik nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #3 on: February 14, 2012, 11:38:40 PM »
Nes 'n movie was die beduie nou  :sign10: Hiehie... dankie dat jy met ons deel PM.  Ekke het effens vasgehak by 'handloop' en wou net my flikker aansit om te wys ek gaat eers aftrek en die spulletjie bekyk; toe onthou ek mens hoef nie, want toe weet ek nie of die kindertjies soos apies oor die pad gaan kruip vier-by-vier-styl hier vlak voor my nie. Wou sneppie neem  :icon_biggrin: Elle moet help want die woord moet bewaar worre  :book1: :notworthy:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #4 on: February 15, 2012, 05:48:23 AM »
More julle, bloos ek al die pad vir die aanwysings.
Maar dit is maar goed so, Hannes, ek loop somme tot daar waar jy my nie kry nie.
Ek moet net vir julle se dat ek hierdie geskryf het terwyl ek 'n migraine gehad het.  Die wereld was een grys massa en my oge amper toe geswel. Gister oggend was ek nog bietjie bewerig en taamlik ge-disorienteerd.  Maar nietemin, my woorde het die Forum gehaal.
Nou daar waar ek se Law & Ingels, daar weet ek darem nie of dit so is nie.
Daar moet eintlik staan 'Hillcrest Estate'.  Hillcrest Estate het 'n restaurant sommer net daar anderkant die draad tussen die bome en as jy daar jou sit gekry het, staan jy nie maklik weer op nie.  Die uitsig is asemrowend na die weste toe.  Ek weet nou nie hoe die sonsondergang van daar af is nie, maar ek kan my indink.
As ek enige 'stalkers' na dese het, sal hulle beslis by My Street verdwaal.
Groete to volgende keer.
elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #5 on: February 15, 2012, 05:50:11 AM »
En, Meraai, daai 'handloop', wat so terloops bietjie verkeerd is, moet jy beslis maar vat vir jou woordeboek.
Dit kan nogal 'n ding afgee, die handloop.  Kan ook 'leeuloop' word as ons nie briek aandraai nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #6 on: February 15, 2012, 08:07:54 AM »
Hannes het so halfpad deur die leessessie gevra hoekom skryf Ellé nie boeke nie, en my antwoord was presies dit:  Jy moet weet, sy het nog 'n helse hoofpyn ook gehad, kan jy jou nou verbeel as sy perdfris gevoel het!
Dit is sulke goettertjies in die lewe wat ek "herbs & spices" noem.   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #7 on: February 15, 2012, 09:12:49 AM »
Oeeee... julle raak nou groot goete hier aan, boekskryf.
Ek het al probeer, maar die storie was so deurmekaar later dat ek self nie meer geweet het wie is Arthur en wie is Martha.
Dalk skryf ek kort stukkies wat in 'n bundel saamgevat kan word.
Dalk moet ek dit een van my 2012 dinge maak.  Dit is 'n meer seker ding as die cup cakes bak.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #8 on: February 15, 2012, 10:08:42 AM »
Engeltjie, nou moet jy mooi vir pappa luister. As daai mugrasie jou weer so kafoefel gooi jy so 'n lepeltjie rooipeper (Cayene pepper) in 'n glas water en roer dit met spoed. Dan gooi-sluk jy dit vinnig en jou mugrasie vibrasie is sommer gou beter. Om verdere mugrasie vibrasies te verminder/voorkom moet jy maar gewoond raak daaraan om meer rooipeper saam met jou kos te eet. As jy van bradgoed hou is dit lekker maar as jy nie van brandgoed hou nie vat dit bietjie om gewoond te raak daaraan.
My seun doen dit en sy mugrasie-aanvalle is baie ligter en baie, baie verder uitmekaar.
Rooipeper is ook goed vir sooibrand. As ek sooibrand kry (gewoonlik van maagswere) eet ek maar net meer rooipeper en gou is dit weer weg vir maande.
Hoop jy is sommer gou weer beter.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #9 on: February 15, 2012, 10:40:15 PM »
O liewe land,  dit is nie die "mugrasie" wat so erg is nie, dit is die drie dae daarna wat jy so pap soos 'n leeggesuipte papsak voel.  Moeg en inderdagen sat! Uitgeput! Uitgewas! Uit ge-alles. 
Die slimmense sê dat "migrane" 'n sigosomatiese siekte is.  Dit beteken "it's all in the mind". 
Laat ek verduidelik.  Jy is ses jaar oud.  Jy ry op jou fiets. Jy verloor jou balans en jy val en jy kry baie seer.  Terselfdertyd ry daar 'n ambulans by jou verby met 'n helse gehie haa, hie haa! Elke keer as 'n ambulans verby ry met sy gehie haa, kry jy hierdie helse pyne en jy is gef...gemigrane!
Jy moet nou net vasstel wat dit is wat jou gef... gemigrane maak en die saak is gered. 
Dit het nogal  groot variteite van gef... of gemigrane. Selfs reuke kan dit "trigger".  Sodra jy kan vasstel wat dit is wat hierdie migrane veroorsaak, sal dit onmiddelik staak.  Vra maar vir my, ek het jare der jare gebuk gegaan onder hierdie vloek.  Gelukkig het ek en my brein dit uitgesorteer gekry.  Vandag gaan dit goed met my.  Moenie lag nie, dit is die waarheid. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #10 on: February 16, 2012, 09:26:34 AM »
Intussen, gebruik maar die rooipeper, dit werk.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #11 on: February 16, 2012, 09:53:36 AM »
Ja, dit is baie goed vir 'n mens.
Ouma sê jy eet rooipeper want dit gee jou nie "swybrand" nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #12 on: February 17, 2012, 08:53:50 AM »
Mooi verduidelik. :-) Veral die hierdiekant en anderkant voel so bekend. Ek moet nou nog partykeer my hande ophou en kyk watter wysvinger en duim maak 'n L vir links. :-)

Spanning, spanning, spanning laat die migraine(s) invloei-klop (by my).

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #13 on: February 17, 2012, 12:39:27 PM »
Daardie pad verduidelik het gewerk. Ek is veilig terug by die huis en ek glo nie PM en Hannes sal die pad byster raak as hulle wil kom kuier nie.
Nasie, rooipeper klink na niesgoed.
Fransi, ek stem.  Spanning is die ding by my meeste van die tyd.
Ek het 'n week verlof geneem en sidder as ek dink wat by die kantoor aangaan en hoe dit gaan lyk as ek teruggaan.
Die 'hoe dit gaan lyk', menende dat my tafel vol klein papiertjies is met boodskappe en nommers  en hierdie een het geskakel en foute wat reggemaak moet word ens ens ens.
En om alles te kroon, sal AL my penne weg wees.  Maar ek is nou ontspanne en geniet my aftyd terdee.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hoe om 'n pad te verduidelik
« Reply #14 on: February 17, 2012, 12:42:06 PM »
Dit was wonderlik om jou net vir onsself te kon hê vir die bitter klein rukkie wat jy hier was.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.