Author Topic: Wilhelm se onderbroek raak geleerd  (Read 4251 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Wilhelm se onderbroek raak geleerd
« on: February 13, 2012, 08:17:43 PM »
Kyk, onse Wilhelm was ‘n stoutgat by uitstek.
 Oom Jan het hom “Wil... HEL... hum met ‘n Ha vir ...” genoem.
 Ek moet vandag eerlik erken dat my skoolloopbaan maar saai sou wees sonder Wilhelm.
 Ons standard 9’s was mal oor ons Afrikaanse taalonderwyseres. Sy was nog sommer blink van die universiteit af en nie veel ouer as ons nie. Pragtig. Regtig ‘n lus vir die oog in ‘n seunsskool.
 Donderdae het ons Afrikaans voorgeskrewe lesse by haar gehad, net na Liggaamsopvoeding. Ons het altyd almal seker gemaak dat ons vars gestort is na die harde oefeninge. Destyds was miggiepis soos Rightgaurd en daai goeters wat jy onder jou arms spuit nog nie juis algemene gebruik nie. Nee wat, bad uit ‘n blikkie was vir sussies.
 Wie se idee dit was kan ek nou vandag nie meer onthou nie, maar daardie Donderdag stort ons weer. Wilhelm draai so bietjie lank onder die stort en sy onderbroek besluit om maar solank sonder hom saam met ons klas toe te gaan.
 Wilhelm was ongemaklik laat vir die voorgeskrewe klas.
 Met die inkomslag mompel hy ‘n onverstaanbare verskoning van verdomde vriende wat mens onnodig laat soek en nog ‘n paar onverstaanbare geluide. Juffrou sien seker iets is verkeerd en sy laat maar begaan.
 Juffrou begin voorlees uit ons voorgeskrewe boek, Bonga. Dit is juis ons gunsteling stuk waar hy wat Bonga is by die rivier met die swart kind kafoefel.
 Soos juffrou verdiep raak in die storie begin Wilhelm se gesig klankloos pleit. Hy vra sonder woorde waar sy onderbroek is terwyl die swart meisie se voete in die rivierwater skop.
 Bonga maak klaar en die onderbroek maak sy verskyning aan die ander kant van die klas. Wilhelm se gesig vertrek weer en beveel die onderbroek woordeloos om dadelik terug te gaan na sy eienaar. Maar heellaas... Die verdomde onderbroekding het ‘n wil van sy eie. Terwyl Bonga agter die wit meisie aanflenter begin die onderbroek deur die klas hoereer. Van hand na hand word hy rondgegooi maar hy vermy Wilhelm se grypende hande soos die rinderpes.
Die opgewonde gejaag agter die verwilderde onderbroekie aan raak al dringender en wilder.
 Dis toe Bonga sy pasgebore swart kind se kop met sy hakskeen verbrysel wat Wilhelm opspring van sy stoel af in ‘n desperate poging om die losbandige onderbroek in sy uitgestrekte vingers te kry.
 Dis oor die geraas wat juffrou onraad ruik. Sy gooi vir Bonga op die tafel voor haar net toe die vliegende onderbroek ‘n perfekte driepunt landing voor haar op die tafel maak.
Eers raak sy wit van kwaadgeit en toe rooi. Rooi toe sy die voorwerp van haar toorn erken.
 Wilhelm het intussen al sy bloed verloor en hang soos ‘n witgebleikte flennielap oor sy stoel se rugleuning.
 Juffrou tel die kledingstukkie versigtig tussen duim en voorvinger op terwyl haar pinkie vies sy neus eenkant toe optrek.
 “En wie s’n is dit die!?” Drup dit stadig oor haar dungetrekte lippies.
 Ek vermoed daai eienaarlose Jockey word vandag nog as boekmerk in haar Bonga gebruik.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wilhelm se onderbroek raak geleerd
« Reply #1 on: February 13, 2012, 11:55:47 PM »
Witgebleikte flennielap ... hehehehhhe wie kan die arme ou kwalik neem  :color: Ek het ganiet Naas. Dankie vir die deel  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wilhelm se onderbroek raak geleerd
« Reply #2 on: February 14, 2012, 05:25:04 AM »
Amper laat jy my nou terug verlang skool toe, maar net amper.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Wilhelm se onderbroek raak geleerd
« Reply #3 on: March 28, 2012, 12:36:50 PM »
O hallie ha. Hulle was oulik stout. hie hie
 
 :angel12: