Author Topic: En toe baklei ons.  (Read 3352 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
En toe baklei ons.
« on: February 13, 2012, 05:51:29 PM »
So begin die geveg!

Een jaar koop ek vir my skoonma 'n plot in die begraafplaas vir haar verjaarsdag...
Die volgende jaar koop ek niks.
Toe sy wil weet waar's haar geskenk se ek: "Maar ma het dan nog nie eens laasjaar s'n gebruik nie.
En toe baklei ons.
________________________________

My vrou en ek kyk "Who Wants To Be A Millionaire" in die bed.
Ek draai na haar en vra: Wil jy Sex he?'
Sy se nee.
'Is daai jou "final answer?"'
Sy se ja.
Toe se ek "Then I'd like to phone a friend."
En toe baklei ons.
________________________________

Ek vat my vrou Spur toe.
Die waiter vra wat ek wil he.
"Ek sal rump steak neem, rare, asseblief."
Hy vra of ek nie bang is vir mal koei nie.
"Nee, sy kan self vir haar bestel wat sy wil he."
En toe baklei ons.
_______________________________

By on hoërskoolreunie kyk my vrou kort kort  vir 'n dronk ou wat alleen by 'n tafel sit en drink.
Ken jy hom? vra ek
"Ja", sug sy
"Hy's my ou kerel. Hy het blykbaar begin drink net na ons uitmekaar is destyds en het nog nie weer ophou drink nie."
"Magtag" se ek, "Wie sou nou kon dink dat hy dit so lank sou vier?"
En toe baklei ons.
________________________________

Toe ons grassnyer breek hou my vrou aan kerm en kla dat ek die ding moet laat regmaak. Maar ek is 'n besige man en daar is net altyd belangriker goed om te doen. Soos rugby en krieket op die tellie. My boot wat moet reggemaak word. Visvang ens... Tot sy eendag slim word en probeer om haar punt te maak.
Toe ek by die huis kom is sy besig om die gras met haar kombuissker te knip.
Ek het lank na die poging staan en kyk. Toe gaan haal ek maar 'n tandeborsel en se vir haar: "As jy klaar is kan jy sommer die oprit ook vee asseblief."
Die dokter se ek sal weer kan loop maar gaan 'n permanente waggel in my stap he.
______________________________

My vrou sit langs my terwyl ek kanale wissel op die tellie.
Sy vra: "Wat is op die TV?"
Ek se: "Stof"
En toe baklei ons.
________________________________

Saterdagoggend vroeg op. Wil gaan visvang maar toe ek uit die garage ry sous dit behoorlik. Ek sit die motorradio aan en hoor op die weervoorspelling dat dit heel naweek gaan storm.
Ek sluip toe maar terug in die huis in. Kruip styf agter mammie se blad in en fluister: "Die weer is bitter sleg daarbuite."
"Ja," antwoord sy, "en om te dink my simpel man het in die weer gaan visvang."
En toe baklei ons.
_______________________________

My skimp dat sy iets blink, wat 0 tot 200 in 3 sekondes haal, vir ons huweliksherdenking wil he.
Toe koop ek vir haar 'n badkamerskaal.
En toe baklei ons.
______________________________

Na aftrede wil ek gaan aansoek doen vir ouderdomspensioen.
Ek vergeet my ID dokument by die huis. Die dametjie agter die toonbank is egter vriendelik en se ek moet my hemp oopknoop. Toe sy my grys borshare sien se sy dis genoeg bewys van my ouderdom en sy verwerk my aansoek.
Ek vertel my vrou van die insident.
Sy se: "Plaas jy jou broek ook losgeknoop het dan kon jy ongeskikheidstoelae ook gekry het."
En toe baklei ons.
________________________________

My vrou staan kaal voor die spieel. Sy hou nie van wat sy sien nie,
"Ek is oud en vet en vol sellilite en plooie. Ek het 'n kompliment nodig." Smeek sy.
"Toe antwoord ek: "Daar's niks met jou oe verkeerd nie."
En toe baklei ons.
________________________________



 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: February 13, 2012, 05:54:51 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: En toe baklei ons.
« Reply #1 on: February 13, 2012, 09:47:41 PM »
hahahahaha lag ek nou lekker!
*The one and only AWESOME-EST


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: En toe baklei ons.
« Reply #2 on: February 13, 2012, 11:43:22 PM »
Ek het my antidepressantewoorde vir die week in  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: En toe baklei ons.
« Reply #3 on: February 14, 2012, 05:32:40 AM »
Dankie vir die deel Naas. Lekker om so lag-lag die dag te begin.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: En toe baklei ons.
« Reply #4 on: March 18, 2012, 05:53:51 AM »
Dit is nou vrek oulik!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: En toe baklei ons.
« Reply #5 on: March 18, 2012, 06:51:23 AM »
En daar maak jy Hannes se dag vrolik en opgewek.  Dankie weereens Naas.
Hannes sê jy moet maar vir jou 'n kleinhoewe hier in Sadam en Cremora kom koop, dan sal ons twee minder baklei.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.