Author Topic: Tyburn gedigstruktuur  (Read 12310 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Tyburn gedigstruktuur
« on: May 05, 2011, 10:23:11 AM »
Gebruik vier woorde wat met mekaar rym. 
Elkeen van die woorde moet slegs uit twee lettergrepe bestaan. 

Voorbeeld:
Lustig
Rustig
Snoesig
Soesig

Skryf nou twee versreëls van nege lettergrepe elk en gebruik die eerste twee woorde in die eerste versreël en die ander twee woorde in die volgende versreël so:

Di's stilte wat lustig rustig  lil,
wat my hart so  snoesig soesig vul.

Die rympatroon is dus aaaa (die eerste vier rymwoorde)
en die twee nege lettergreepversreëls  is  bb.

Die twee rymwoorde val op die vyfde, sesde, sewende en agste lettergreep in elke versreël.  Dit is egter nie ‘n vereiste nie. 

Hier is ‘n uitstekende voorbeeld van hoe Gawelina dit gedoen het:

listige hart

rustig
ontstig,
kunstig,
listig,

rustig  ontstig jy my brose hart,
kunstig en listig, bring jy die smart.

en in antwoord op die arme man se weerloosheid antwoord sy dan.

prettige bruid

kattig,
skattig,
prettig,
wettig

Kattig, skattig lag ek jou nou uit,
want prettig, wettig, is ek jou bruid.

Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

  • Guest
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #1 on: May 05, 2011, 04:11:45 PM »
'n voorbeeld deur Meraai vannie Baai.

KLEINE MENS

Fyne
Kleine
Fraaie
Mooie

Ek bring vir jou fyne, kleine mens
op dié dag, 'n fraaie, mooie wens!
« Last Edit: July 01, 2011, 07:53:27 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #2 on: May 05, 2011, 11:05:43 PM »
Gawie,  hierdie was vir my die mooiste voorbeeld!   :icon_salut: :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #3 on: May 17, 2011, 08:53:18 PM »
Hartlam
Skatlam
Sorgsaam
Waaksaam

Ek sal my hartlam, skatlam bewaar
sorgsaam, waaksaam toevou in liefde.

Uitgang
Verlang
Gedrang
Vervang

Met bene wat die uitgang, verlang
is ons vriendskap in gedrang, vervang.

©  :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #4 on: May 18, 2011, 07:53:21 AM »
 :hello2:  Dit is reg Trappies.  Jy is 'n sterretjie aan my hemel!  Ek wonder waar is Gawie en Naas, onder andere?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #5 on: May 18, 2011, 07:54:23 PM »
Koffieroom
Dagdroom
Hartsesoom
Koppieboom

Oor koffieroom sit ek en dagdroom
Vind my hartsesoom in koppieboom.


Aangepaste Tyburn  :headbang:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #6 on: May 19, 2011, 06:25:57 AM »
 :icon_biggrin:  Jy het dit goed aangepas en dit pas mooi Naas.   :icon_biggrin:  Ek is dankbaar om jou terug te hê, het amper op die vliegtuig geklim en jou kom soek.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #7 on: May 19, 2011, 08:12:03 PM »
Jaagduiwel

Handrat
Stofpad
Windgat
Kortvat
Jaag met jou handrat die stofpad af.
Oupa sal die windgat kortvat, straf.

Skepping

Kragtig
Magtig
Prettig
Pragtig

Woorde kragtig en magtig gespreek
Het prettig pragtig duister gebreek

Blomprag
Dierprag
Mooidag
Rooidag

Op die mooidag het rooidag ontplooi
Blomprag en dierprag het ontdooi


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #8 on: May 20, 2011, 08:48:17 AM »
Hoe geniet ek nou om te sien hoe geniet jy hierdie struktuur Naas.  Baie dankie vir die deelneem.  Dit is baie goed geskryf. 

Gawie het nogal gesê sy hou van die struktuur,  maar ek wag en wag en sien niks! 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

  • Guest
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #9 on: May 20, 2011, 04:33:13 PM »
Gawie se kreatiwiteit het verdwyn tussen bak en brou en skool en sjampanjenooi kompetisies, universiteite se ope dae en wat nog alles.  Ek geniet egter die bydraes vreeslik.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #10 on: May 21, 2011, 11:31:05 AM »
Aitsa,  jy is 'n besige meisie!  Ek is bly jy geniet dit,  en om te lees.  Ons sal geduldig vir jou wag tot jy 'n tydjie kry.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #11 on: June 20, 2011, 12:16:12 AM »
Ek het hierdie gedigstruktuur lankal net so geniet PM. Hier is my ou (11, September, 2009) voorbeelde:

KLEINE MENS

Kleine
Fyne
Mooie
Fraaie

Ek bring vir jou kleine, fyne mens
op die dag, 'n mooie, fraaie wens!

© Meraai vannie baai

HIERDIE TYBURN IS GESKEP VIR PM NA HAAR UITDAGING AAN ONS  

Gifappeltjie

Moerig
Knorrig
Sondig
Skuldig

Terwyl jy so moerig-knorrig tier
kom pleit ek nou sondig-skuldig hier!

© Meraai vannie baai

VARIASIE VAN DIE STRUKTUUR:
Ek het op die volgende tema met drie 'verse' uitgebrei. Gewoonlik bestaan die gedig net uit die vier rymwoorde en twee saamgevoegde sinne. Hier het ek die vier rymwoorde op verskillende plekke ingespan. Hopenlik sal die struktuur effens makliker in plek val:

VOOR DIE KANSEL VERSAAK ...
 
Strikdas
Stropdas
Judas
Verkas

Laat 'n strikdas met sy stropdas-wurg
Judas verkas, weereens sonder murg.

Skandaad
Misdaad
Geskaad
Versmaad

Is dit skanddaad of misdaad vra hul?
Geskaad en versmaad is sy verkul!

Uitdaag
Verjaag
Neerlaag
Rouklaag

Met die uitdaag van seer verjaag, brand
haar neerlaag; vorm rouklaag 'n teer wand.

© Meraai vannie baai
« Last Edit: June 21, 2011, 12:05:30 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #12 on: June 20, 2011, 12:20:04 PM »
Ek verlustig my aan jou woorddisse.  Dankie vir jou inset. 

Ek kyk na die woord "skandaad".  Ek wonder net of 'n mens dit nie "skanddaad" moet spel nie? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #13 on: June 21, 2011, 12:06:37 AM »
Skerp oog mater!! Jy is 100 persent korrek. Nou sien ek weer hoekom ons mekaar so nodig het  :notworthy: :icon_salut: Ek het gaan regmaak!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Tyburn gedigstruktuur
« Reply #14 on: June 21, 2011, 09:12:49 PM »
Ek is tog te dankbaar as julle ook daar is om my vingerfoutjies reg te maak.  Ek dink dit is wat ons samehorigheid skep.  Lief jou stinkend matertjie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.