• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vir bewaring: Naas soek werk

Started by adele, February 09, 2012, 08:09:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

ek wil darem ook vertel hoe ek vanoggend Naas se werksoekery geniet het, wou een of twee betrekkings uitwys waar ons taal en spreekwoorde kostelike prentjies verskaf, maar kon nie kies nie. nou geniet ek net ons taal met oorgawe.
dit laat my dink aan Fanus se sterwenswoorde van verskillende beroepe.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Naas doen dit met oorgawe en geniet elke inskrywing.  Ons het die mooiste mooiste taal en dit slaan baie sterk deur in Naas se plasings.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Naas

Ek wou 'n seksterapeut word maar dit was 'n stywe kursus en toe raak ek opstandig.

Word toe maar 'n winkelassistent maar raak binne 'n week van my trollie af en beland op die rak.

As kroegman het ek gedop en moes toe maar 'n nugter besluit neem om te loop.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dalk kan ek my ander helfte oorreed om eersgenoemde te oorweeg wanneer hy met
pensioen gaan.  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ai Naas, die werk soek dink werk nou regtig nie vir jou uit nie, eish... dis nou 'n slegte ding die werk soek.  :icon_biggrin:

:angel12:

Naas

Word ek mos 'n fotograaf maar verloor fokus toe ek deur die verkeerde lens loer en zoom toe maar in op iets anders.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek wou net vinnig loer wat gaan aan in julle kant maar giggel nou so ek moet dankie skryf vir die rondreisende woordontbyt se menu!! Naas hierdie  :book1: toe dinge van jou is groooooot plesierigheid  :headbang:

PM

Ek dink nou net hoe gelukkig sy kleinkinders gaan wees om al hulle Oupa se dinge op te lees.  Was ek maar so gelukkig! 
My Oupa was 'n gevangene op St. Helena.  Ek is seker daar sou stories uitgebroei het vir 'n leeftyd se plesier. 
Om te weet is om te verstaan.