• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Nou wat sou jy doen, as jy die Lotto wen?

Started by Trapsoetjie, February 08, 2012, 03:08:03 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Hopenlik dit met my deel  :evil6:  :evil6:  :evil6:  :evil6:  :evil6:  :evil6:

Wat sou jy doen met 'n miljoen? Ek sou myself daarmee kon versoen.  :icon_biggrin: Wel deesdae is 'n miljoen ook seker nie baie nie.

Ek sal seker nooit so gelukkig wees nie, want ek speel dit nooit nie.  :icon_biggrin: Kan tog droom, dit kan ek goed doen.  :icon_biggrin:

Het al so baie gehoor van die wat dit wel wen ongelukkiger daarvan afkom....is dit nou oor hulle kop verloor? Of toeval? Ek kan jou eending vertel en dis geen leuen, hulle kan enigetyd aan my deur klop vir hulp sal hulle met graagte help teen 'n fooi natuurlik... :tongue3:

Kom ons veronderstel jy het die Lotto gewen, kom vertel wat jy daarmee sou doen?

:angel12:

PM

Al my skuld afbetaal, en die res kan maar wag!  :icon_biggrin:

Ek sal die mooiste houtdek op ons huis se dak laat bou waarvandaan ek saans na die sterre en die volmaan kan kyk. 'n Rooiwyntjie en 'n braaivleisie sal goed daarmee saamgaan. Met die res sal ek 'n paar ander gaaitjies toestop. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Die huis afbetaal en mooi maak. Pensioen vir ma, en blyplek vir my skoonouers en saam met my man die wêreld plattoer. My werk los en net kreatiewe dinge doen. :-)

Meraai vannie Baai

Koop dadelik vir my familie vliegtuigkaartjies en kry grooooot wieletjieshuis om die pragtige land aan hulle te wys  :angel4:

Naas

Eers 'n plaas by Clanwilliam. Dan vir Outop en Ta' Raaitjie kuier. Dan deur die land met my handeviervoet en skilder tot my geld op is. (Trappies kan die plaas oppas en te perd patrolleer.)
NS> Die skoolhoof sal wel na 'n rukkie agterkom ek werk nie meer daar nie.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Fransi


Trapsoetjie

O dankie Naas, ons moet sorg dat die rivier deur die middel hardloop vir die klei gooi ...  :hello2:  :hello2:  :hello2:  :hello2:

:angel12:

Meraai vannie Baai

Oe jinnetjie kry ek en Outoppie sommer rillings net van INDINK hoe wonderlik dit sal wees as ons nou regtig vir julle op die lughawe kan gaan haal Naas. Sniksniksnik toe PM laaste jaar wou kom kuier was onse dorpie mos vir weke afgesny van lughawens en ander dorpe  :crybaby2:

Chichi

Ek sou vir my 'n flat gekoop het, my eie scuba gear (hard gear, ek het die res) en dan die res in tiaan se koffieshop in gestoot het, so dan soos 'n "silent partner" wees
*The one and only AWESOME-EST


PM

Eiendom is die beste belegging wat 'n mens kan maak.  Ek hou vir jou duime vas, maar jy moet eers 'n lyntjie in die water hê voor jy 'n vissie kan vang. :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#10
Net solank julle nie dieselfde fout maak as die vroutjie wat haar man geantwoord het met: ek sal helfte vat en jou los.
Toe gee die man haar $6, steek sy $6 in die sak en groet haar met 'n grinnik :`ip2:

En op daardie vrolike noot groet ek eers.  :hello:

Anastasia

As ek die Lotto wen, sit ek R100 by, en hou 'n moerse party!   :occasion14:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Naas

Ek het die storie ook wiskundig gaan benader en met 'n skok besef ek het 'n beter kans om verwagtend te raak as om die lotto te wen.  :nono: :pottytrain2:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Anton Louw

Ek het gister so vinnig hieroor gedink en myself ook die vraag gevra.

Die eerste antwoord wat in my kop ingeskiet het was GEE ALLES WEG!

Ek dink so baie geld gaan my meer grys hare gee as die bietjie geld wat ek nou het!

Natuurlik het die gedagte net so vinnig uitgeskiet as wat hy homself daar gaan vestig het, en toe dink ek maar aan iets anders.
Kamp is koning!

Meraai vannie Baai

Outop probeer gereeld - hy se as hy speel het hy darem 'n kans. Hoe groot daardie kans is, is te bespiegel. My wiskunde is nog beperk tot elle uit die ark.  Hy het darem gese hy gaan weggee ook, so ek swyg maar as ek sien daar gaan tien dollars waarmee ek craftgoete kon koop en ietsie agterna wys  :icon_biggrin: