Ek het laas jaar besluit die jaar wil ek iets doen, iets wat my kop skoon gaan kry. Iets wat ek op kan konsentreer dalk sal al die apies wyk wat nooit wil wyk nie.
Ek het lank oor dit getop en het op 'n hele paar goed afgekom.
Ek kon besig bly met studies (nie dat ek leeglêtyd het nie
) Elkgeval toe kom die groot besluit WAT?
Ek kan 'n 4de taal aan leer. Frans, het 'n vriendin wat Frans en Italians praat. Duits, het baie vriend wat daarmee kon help en so gaan ek deur 'n hele spul verskillende tale. MMmmm Nee weet nie.
Ek kom van 'n baie musikale familie, dalk moet ek verder gaan in dit. Ek kan dalk kitaar lesse neem, daai een wat die man se vingers vir gin oomblik stil staan op die snare nie. Eish dis mooi. MMm weet nie.
Toe dink ek nee wat, dalk moet ek weer begin met Perd-ry en verder gaan in my Dressaging. So dis hoe dinge vir my lyk die jaar, ek gaan kyk of ek dit verder kan vat, maar soos die noodlot dit wil hê gaan dit blykbaar nie 'n maklike taak wees nie.
Is daar dalk iets wat jy wou doen, maar nog nooit die tyd of geld of geleentheid daarvoor gehad het nie?