• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Insrywings vir die gedigkompetisie.

Started by PM, February 08, 2012, 08:54:10 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Ouens, ek het al inskrywings ontvang vir die gedigkompetisie.  Ek wag vir nog 'n paar voordat ek die plasings sal begin. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Oeeee my plekkie geboek om te kan lees en geniet  :hello2:

PM

Jy moet ook joune instuur matertjie.  Ek "gaboek" ook 'n plekkie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

is die gedigte al geplaas of is die nog in process :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Die ouens stuur hulle gedigte na my by pm@afrikaanseforum en dan plaas ek dit naamloos.
As julle gemaklik sal voel daarmee kan ons dit anders ook doen.  Ek weet nog nie wat die regte antwoord is nie.  Wil dit net graag regverdig hou.  Ek het al 'n paar gekry, maar wag nog tot die einde Feb. dan plaas ek alles gelyk.  Almal kan dan stem vir die wengedigte.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

om dit te plaas sonder naam  - is 'n baie goeie idee ...
ek sal so bietjie later vir jou een stuur - ek moet net kyk watter een is dalk gereed om man te staan vir 'n kompetisie ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Hier het nou so 'n drywende ding in ons drinkwater beland met die kompetisie.  Wat dink julle staan ons nou te doen?  Sal ons tyd gee tot einde Maart?  Kan ons die "liefdestema" verander? Wat sê julle?
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

 :snorting: dan het ou laatslaaper ook nog 'n kans  :toothy4:

what gaan die tema dan wees?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Kom ons hoor wat sê die ander ook.  Dalk is daar te min tyd? Die ander gedigte wat ek ontvang het kan hierby ingesluit word.  Dalk hoef dit nie 'n tema te hê nie?
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

vlieg met vrye vlerke - ek hou daarvan :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek gryp dit sommer vir die volgende kompetisie se tema.
Ek hou van die voorstel wat jy gemaak het, dat ons elke maand 'n wengedig moet kies.
Kom ons hoor wat sê almal hiervan.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ek dink dit sal digters aanmoedig om gereeld te skryf :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Klink wonderlik! Lankal het ek deur die skrywers se gedigte gegaan en vir my enetjie 'gekroon' en dit in die boekie van woorde bewaar. Hierdie voorstel klink na groot woordfees en natuurlik sal die mandjie huppelend die woorddisse se ABC spore sny om te oes  :hello2: :love7:

PM

Ek sou graag 'n lys van "gekroonde gedigte" wil sien Raaitjie.  Sal jou naam moet verander na Sterretjie toe!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#14
PM gee vir Meraai 'n soentjie en drukkie - dink die title "Gekroonde gedig vir die maand" is beter as Gedig van die maand :-)

en as julle wil kan ek die gedigte vir die maand 'n mooi kleedjie gee:

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w