Ek hoor niks van Lewies vandag en ek dog daar was seker niks aan daardie lyn nie.
Skakel netnou, klink bietjie lam in die bene van te veel son en te min bier.
Was op Van Der Riets, so 130km van Jeffries af. Weet nou nie of dit oos, wes of land-in is nie.
Hele paar visse gevang, onder andere 'n groot rog. Hy se liewer nie wat die ding se gewig is nie, want hy wil nie weer so 'n fout maak soos gister.
Die hele span het baie gevang. Ek weet nie of hulle die gewig alles bymekaar tel vir die span en ook vir die individuele lid in die span. Klink logies, ne?
Elk geval, hulle span is sover 4e uit die 12 spanne van oor die land.
More gaan hulle op Cape St Francis vang.
Kom ons hoop hy sit 'n groot effort in om die vangs van die dag te kry.
Ons hou duime vas, Lewies!!!
O ja, vanaand braai hulle die aas wat oorgebly het. Tjoka en rooiaas?? Nee, joking, tjokka en ??? Kan nie onthou nie.
Klink rof.. giggles.. maar dit is vars vis wat hulle elke oggend kry om mee te vang. Almal kry hul kwota van dieselfde aas.
Weet darem nie. Vanaand klink baie ver van vanoggend af.
Sluk maar af met 'n biertjie, Lewies.