• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ryspoeding

Started by PM, February 03, 2012, 08:57:01 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ryspoeding

Bestanddele:

250 ml water
125 ml langkorrelrys
1 liter melk
Die skil van een lemoen fyn gerasper
10 ml mielieblom opgelos in water
2 eiergele
45 ml suiker
1 telepel vaniljegeursel
Kaneel

So maak mens:

In 'n dikboomsouspan, kook die rys in die water tot al die water weg gekook het.
Voeg die melk, lemoenskil en sout by en laat dit kook terwyl jy die mengsel roer.
Laat prut oor lae hitte, sonder 'n deksel totdat die rys sag is.
Voeg die mielieblom by en roer totdat die mengsel dik is.
Klits die eiergele en suiker saam in 'n bak.
Voeg dit stadig by die rys terwyl jy roer.
Verwyder die pan van die stoof af.
Voeg die vaniljegeursel by.
Skep in opskepbakkies en strooi kaneel bo-oor.
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

is die een lekker patrys?

PM

Die lekkerste ryspoeding wat ek nog gemaak het WW.  'n Mens kan natuurlik ook sago in die plek van die rys gebruik, maar ek dink ook dat die geheim lĂȘ in rys wat sag gekook is. 

:love7:
Om te weet is om te verstaan.