Author Topic: Riglyne vir die skryf van lirieke  (Read 16062 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Riglyne vir die skryf van lirieke
« on: February 01, 2012, 01:17:13 AM »
007 het 'n samestelling gemaak vir die ouens wat belangstel om hulle hand te waag aan die skryf van lirieke/melodie. Hoop dat die brokkies inligting handig te pas sal kom.

'n Liedjie is 'n huwelik tussen woorde en musiek sê 'n baie bekende kunstenaar. Die liedjieskrywer en musiek-enterpreneur Philip de Villiers, sê “liriekskrywers moet leer om hulle verbeelding te gebruik. Internasionale skrywers soos Bob Dylan en Tim Rice weet hoe om goeie metafore te skryf en hulle rymwoordeboeke te gebruik.” De Villiers benadruk ook egter dat daar ´n verskil is tussen lirieke en poësie: “Poësie kan baie ingewikkeld en kripties raak, terwyl kommersieel-vatbare lirieke meer na ´n doodgewone gesprek moet klink.”
 
Daar is soveel riglyne in Engels beskikbaar maar weereens bitter min in Afrikaans.

Hierdie twee skakels wat vir my 'n oase is - is beslis die moeite werd om te besoek:
 http://www.inspired-songwriting-tips.com/lyric-writing.html
 http://www.ehow.com/how_4541894_write-good-songs.html?ref=fuel&utm_sourc...
 http://www.songwriting.net/blog/?Tag=lyric+writing
 
Deur die lirieke van 'n lied vind daar 'n emosionele verbintenis met die luisteraar plaas. En 'n trefferlied is die eindproduk waar ons die perfekte woorde met perfekte klank ingekleur het. Dit neem tyd om goeie lirieke te skryf.

Theuns Jordaan het die volgende wysheid kwytgeraak om oorhaastig te wil skep aan goeie lirieke: “Wanneer ’n mens dít doen, word oppervlakkige lirieke geskep. Dis liedjies soos kougom – wanneer jy die smaak eers uitgekou het, bly daar niks oor nie. Ek vat eerder my tyd.”

Kom ons kyk na die struktuur waarmee ons 'n liedjie kan skep.
 
Uiteensetting van sewe liriekvorme:

1. Vers/vers/vers/vers/vers *Bob Dylan & The Times Are A-Changin is 'n voorbeeld.

2. Vers/vers/refrein/vers (AABA) *Yesterday & era van Tim Pan Alley is voorbeelde.
 
3. Vers/refrein/vers/refrein/vers/refrein *Waylon Jennings Good Hearted Woman is 'n goeie voorbeeld.

4. Vers/refrein/vers/Brug/refrein *Mees gewildste en voorbeelde orals te vind.
 
5. Vers/voorgang tot refrein/refrein/vers/v tot r/refrein/brug/refrein *Baie gewild as luisterliedjie-formaat.

6. Refrein/vers/refrein/vers/refrein (ook genoem 'n rondo) *As jy nie baie lang lirieke het nie, is hierdie die vorm vir jou.

7. Refrein/vers/refrein/vers/refrein/vers/refrein/brug/refrein *As jy die gehoor wil bekoor - gee hulle dan eerste die koor.
 Voorbeeld: http://www.fredafrancis.co.za/albaste%20fles.htm (REËN NEER -MUSIEK & LIRIEK/FREDA FRANCIS ST)

Die gewildste strukture is 2, 4 en 5 en 7.

Variasies kom wel voor bv. waar 'n vers herhaal word aan die einde van voorbeeld 2. Voorbeeld 4 kan soms vers na die brug bevat. Voorbeeld 5 laat die brug en voorgang tot refrein aan die einde van die lirieke uit. Met voorbeeld 7 kan die refrein tot 4x herhaal word, veral met geestelike liedere.
 
KOM ONS BEGIN SKRYF:
 
*Titel:
 Met die titel vertel jy aan die luisteraars waaroor jou lied gaan. Die titel vorm ook 'n belangrike deel van refrein en vir impak word hierdie belangrike woord(e) gewoonlik weer herhaal in die begin/einde of beide in die refrein. Dit is jou fokospunt waarom die lirieke draai.
 
*Naderlok-woord (Hook):
 Soms is die titel ook die naderlok-woorde (hook) wat lank na die liedjie geluister is, nog draai in jou kop. Kan ook gebruik word as die laaste woorde van jou lirieke vir die finale impak. Dit kan egter ook enige ander plek in die lirieke voorkom.
 Voorbeelde: "Whooo" van die Beatles "I Want To Hold Your Hand," en "Yea Yea Yea" in "She Loves You,"

*Verse:
 Die interne struktuur waarmee jy jou storie aan die luisteraars oordra. Daar is nie 'n vasgestelde reel vir hoeveel verse voor jy die refrein inbring nie. Hier kan jy na hartelus woeker met jou storielyn van wie, wat, waar, wanneer, waarheen en met goedgekose rymvorme wat bydrae tot die gemaklike luister en vloei van jou lirieke. Onthou ook om ingedagte hou dat alle stories het 'n begin, middelpunt en einde. Moet nie verveel met oorbekende uitdrukkings. Wees uniek in jou woordkeuses.
 
*Brug:
 Hierdie gedeelte van jou lirieke vorm 'n brug tussen die vers en refrein, om die luisteraar na 'n nuwe dimensie te voer voor die aanvang van die refrein. Kan gebruik word as verrassings-element om jou storie saam te snoer. Dit is dan ook hier waar jy nuwe akkoorde en ritme kan inbring vir afwisseling in jou skepping. Gewoonlik nie meer as vier reels nie en moet nie jou titel hier herhaal nie! Kan ook bestaan uit slegs 'n instrumentale bydrae.
 
*Koor/refrein
 Die emosionele hoogtepunt van jou lied. Hier kan jy maar die helderste kleur mildelik gebruik!! Hierdie deel van enige lied is die eerste gedeelte wat mense die ore laat spits en weens die herhaling laat saam sing/neurie. Die herhaling van die titel en sekere frases in die koor is jou instrument om die luisteraar nader te lok en die aandag gevange te hou.

RIGLYNE OM DIE SKRYF VAN LIRIEKE BAAS TE RAAK:

Neem bestaande liedjies en skryf nuwe lirieke as oefening. Oor en oor en oor...

Kyk na die metrum en rym wat voorkom.
 
Gaan graaf op die internet vir lirieke en klank van jou eie musieksmaak. Luister na die musiek en volg die woorde.
 
Let veral op die struktuur wat gevolg word. Na-aap hierdie strukture vir oefening en probeer soveel as moontlik om verskillende strukture te oefen met jou eie woorde.
 
'n Kunstenaar in die bedryf stel voor dat jy hierdie lirieke met die hand oorskryf sodat jy een kan raak met die woorde en gevoel. Word een met jou innerlike gevoelens. Gebruik jou verbeelding en vergeet wat die onderwysers vir jou op skool ingehammer het: LET OP EN KYK VOOR JOU ....

Nou is die tyd waar jy om jou mag kyk en weggevoer word na vreemde oorde en beelde met jou drome...
 
'It rises, it grows, I hear and see the image in front of me from every angle, as if it had been cast like a sculpture, and only the labor of writing it down remains…" - Beethoven

Die volgende vry vertaalde lirieke is 'n tipiese werklied van die ou Egiptiese landvolk agter die ploeg:
 
“Dit is ’n koel en goeie dag.

Die beeste trek die ploeg met krag,

die weer is nes ons dit begeer —

Kom laat ons werk vir ons edele heer!”

Hier is 'n skakel na lirieke met klank wat 'n uitstekende wegspringplek is: Kliek regs op een van die titels om te luister
http://www.songmd.com/songs.shtml
 
*VOORGESTELDE RIGLYNE VIR 'N EENVOUDIGE MELODIE:
 Hou pen en papier byderhand wanneer jy die eerste akkoorde begin oefen. Hou dit eenvoudig:
 VERS': GGCGD
 REFREIN: GCGCD

Gebruik afwisseling om verveling te voorkom.
 
Hier is 'n paar skakels waar julle verder kan gaan kersopsteek om jou woorde met klank in te kleur:
 
http://www.ehow.com/video_2374601_write-country-song-structure.html
 http://www.ehow.com/how_2050885_write-blues-song.html?ref=fuel&utm_sourc...
 http://www.ehow.com/how_4894383_write-gospel-songs.html?ref=fuel&utm_sou...
 http://www.videojug.com/film/how-to-write-a-song-with-chords
 
Hierdie skakel is 'n pragtige voorbeeld waar julle die verskil kan hoor tussen die melodie van vers/voorgang tot refrein/refrein. Die kunstenaressie is nog besig met die saamstel van die lied en neem jou saam deur die proses:
 http://www.youtube.com/watch?v=a3Fc1LtRV4E
 
Om jou skepping te beskerm: http://www.cleverjoe.com/musician_resource/2005/02/music-copyright-what-...
« Last Edit: February 01, 2012, 01:26:44 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Riglyne vir die skryf van lirieke
« Reply #1 on: February 01, 2012, 05:35:07 AM »
Andre Bayman se liedjie: Dit borrel nou op is 'n mooi voorbeeld en wonderlik 'oefening' van 'n eenvoudige treffende struktuur soos wat ons in die Sondagskool of kerkkampe sou sing:  

Dit borrel nou op,
dit borrel nou op,
dit borrel nou op tot in my siel

In my hart is 'n fontein
van die hemel soetewyn
dit borrel nou op tot in my siel

Gaan luister gerus hoe hy die instrumentale inleiding en brug toepas vir afwisseling tussen die paar reels.
http://www.youtube.com/watch?v=vU3n_Qk0AcY&feature=related

Die struktuur sal so vertoon:

II (Instrumentale inleiding)
A (Lied)
A (Lied)
B (brug)

A
A
II

A
A
B

A
A
II

*Gaan loer ook na hierdie lirieke vir oefening
http://www.video-lyrics.com/adele/21-3/rumour-has-it-7-lyrics
« Last Edit: February 01, 2012, 05:56:03 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Riglyne vir die skryf van lirieke
« Reply #2 on: February 01, 2012, 07:08:10 AM »
Baie baie dankie Raaitjie.  Jy is 'n "skat" van groot waarde en 'n skattebol.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Riglyne vir die skryf van lirieke
« Reply #3 on: March 08, 2012, 04:01:36 PM »
10 van my gedigte is getoonset (dis nou van die rooi taal sin) - dit sal binnekort beskikbaar wees - deel van 'n projek :-)

maar ek moet se dat ek ook nogal baie daarvan geleer het.  Met die een lied het Ilse 4 van my gedigte gekombineer om een song te maak - dit was 4 kort gedigte - die ander was almal lang gedigte wat 'n storie vertel ... min herhaaling van die selfde gedagte ...

en ook een ding wat by gedigte van toepassing is, is ook hier baie belangrik - as die woord weg gelaat word en dit verander nie te betekenis nie  - los dit ... maar soms ter wille van die ritme word dit aan gelas ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Riglyne vir die skryf van lirieke
« Reply #4 on: March 08, 2012, 04:51:15 PM »
Baie belangrik!!!

Al skryf jy net lirieke - registeer by SAMRO as Liriekerist - dit help jou werk beskerm en dan kry jy ook Royalties - dit neem net baie jare voordat Royalties begin in kom ... maar dis die moeite werd om te registeer -  ek loots binnekort 'n nuwe projek - en almal wat daaraan deelneem moet by SAMRO registeer ... want van die gedigte gaan getoonset word.

http://www.samro.org.za

Stuur die vorms net in = as jy reeds werkies wil bekend stel - dan stuur jy alles met die eerste werk in. 
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Riglyne vir die skryf van lirieke
« Reply #5 on: March 09, 2012, 06:57:54 AM »
Waar kliek jy om te registreer?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Riglyne vir die skryf van lirieke
« Reply #6 on: March 10, 2012, 06:35:19 AM »
Kyk onder Membership - daar is vormpies wat jy invul en instuur (snail mail of e-mail) ... elke keer met nuwe werk vul jy ook vorms in ... so wag dat jy werkies het wat jy wil registeer ...

Met elke werkie wat jy instuur - stuur jy 'n Composer notification of work saam in - met die getikte woorde en of blad musiek (in my geval het BGStudios die bladmusiek in gestuur en my woorde met my vorms saam in - in die geval van die woorde wat ek vir Leandi Franken gedoen het - stuur sy die woorde saam met haar werk in - dis gebaseer op Europese musiek waarvoor sy die regte gekry het om in Afrikaans op te neem - sy het die woorde aangepas (sy het geweet ek het 'n probleem met spelling)

Ek heg 'n voorbeeld aan van die wat Leandi Franken saam met haar projek in stuur - maar ons moet altyd seker maak , dis wel gedoen, of stuur dit self direk in.

(ek het darem intussen my regte ID gekry met die van Truter - so as ek nou instuur - hoef ek nie huwelik sertifikaat aan te heg nie - net die nuwe ID :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Riglyne vir die skryf van lirieke
« Reply #7 on: March 10, 2012, 09:03:36 AM »
Baie dankie vir die hulp en geluk  Mev. Jan Dink.  :icon_biggrin:
« Last Edit: March 10, 2012, 09:40:41 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Riglyne vir die skryf van lirieke
« Reply #8 on: March 10, 2012, 09:35:08 AM »
Daar is nog niks om te geluk nie ha ha - Hope Heals hart se musiek is al 2010 klaar .. maar die boek nog bebesig en die DVD en TV opname nou eers in April ... as dit klaar is soos jou se forum boek - dan kan ons 'n geluk aanvaar ...

Leandi is tans besig met haar CD se opnames ook ... so ek weet nog nie eens of sy die woorde gebruik het nie - sy het dit dalk helemal aagepas :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w