• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lirieke vir Caroline

Started by Stof, January 31, 2012, 01:31:23 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Stof

Die stofluis se maatjie Caroline Bosch is besig om musiek vir haar volgende album bymekaar te kry.  Daar is egter 'n tekort aan goeie liriekskrywers en wat sy kry, is nie altyd wat in haar repertoire val nie.

Hiermee 'n uitdaging aan die forumskrywers:  Laat ons klomp 'n paar trefferliedjies vir Caroline skryf sodat haar volgende album 'n platinum treffer sal wees.

Caroline is 'n baladesanger wat reeds vier albums op die mark het.  Maar weens buiterolspelers se rolle wat kontraktueel deel van haar loopbaan was, kom sy nie alles doen wat sy wou nie.  Hierdie kontrak is nou verby, en sy is dus vry om gebruik te maak van wie sy wil.

Gaan lees meer oor Caroline op www.carolinebosch.com

Laat haar volgende album wemel van forummusiek!

:stofluis:
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Hier is 'n paar mooi gedigte wat soebat om getoonset te word.  Die ouens wat kan skryf moet van die geleentheid gebruik maak.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
Wat 'n pragtige stem en die lirieke so menswees in alle fasette! Lieffff dit Stof!! Ek het by die woordeboek lankal 'n opsomming wat ek gemaak het om skrywers te help met riglyne vir die skryf van lirieke, gaan bewaar. Sal dit gou vir ons ook by skryftegnieke gaan uitstal as iemand dalk wil loer :notworthy:

http://afrikaanseforum.co.za/smf/index.php?PHPSESSID=25cadc9fa433840bbd8edaccb8bcb607&topic=1425.msg7729;topicseen#msg7729

Ah Willa

Hoeveel lerieke is al geskryf - en wie toonset die musiek?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w