• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kondensmelk koekies (sit deur die meule)

Started by PM, January 30, 2012, 08:45:18 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hierdie resep kan deur die meuletjie gemaak word of sommer net okkerneutgrootte balletjies gerol word en in die middel effens plat gedruk word.

Bestanddele:
12 Koppies meel (4 koppies is plus minus 500gr)
1   Blik kondensmelk
1   Pakkie koeksoda (3 telepels is 'n pakkie)
1   Pakkie kremetart
750 ml Margarine of botter
4   Eiers
1 eetlepel stroop
3 koppies suiker (750 ml)

So maak mens:
Meng suiker en botter.
Voeg eiers een-een by.
Voeg stroop en kondensmelk by.
Meng goed.
Sif die droge bestanddele saam en voeg by die vorige mengsel.
Meng goed.
Laat die deeg vir so 15 minute staan.
Druk uit en bak 180 grade C.
Bak tot ligbruin.
Om te weet is om te verstaan.