• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gedigte vir die Maand van Liefde

Started by Angelica, January 25, 2012, 02:06:42 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Met die Liefdesmaand wat nou vinnig nader kom en die winkels en vensters en harte pink begin verkleur om later bloedrooi te skyn, kan ons almal 'n paar liefdesgedigte plaas.
Ek is seker ons het elkeen 'n gedig of twee wat erens in 'n skoenboks of laai le van toe ons nog smoor- en oor ons ore verlief was op George Clooney of Brad Pitt of Pamela en kie.
:love7:
Sal ons so doen?
elle

PM

Ek dink dit is 'n uitstekende idee en ek wil dit sommer gryp vir 'n digkompetisie.  Ek praat en praat net, nou gaan ons dit doen!  :hello2:

Die kompetisie sal gratis wees en net lede van die forum mag deelneem. 
Ek sal 'n afdeling skep vir "Digkompetisie."
Tema:  Liefde
Om dit regverdig te maak stuur almal hulle gedigte na my toe  pm@afrikaanseforum.co.za
Ek plaas dit naamloos en elkeen kan stem. 
Afrikaans, Engels of Nederlands.
Pryse?  Gee kans, ek sal dit kom aankondig. 
Datum: Tyd tot einde Februarie. Dit sal die 29ste wees.  :icon_biggrin:
Op julle merke, gereed, gaaaaaannnn!
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Pm, hoveel gedigte mag ons vir jou stuur of moet ons net een stuur vir die kompetisie?

PM

Julle mag soveel stuur as julle wil. 

Ockert de Bruyn van Cairoo Education het vir ons twee pryse aangebied.
Die eerste prys is 'n Besigheidsbestuur, intreevlak MBA, ter waarde van R6000.00.
Die tweede prys is 'n MS Office selfstudie kurses ter waarde van R2000.00.  Hy sĂȘ, tot ek, sal dit onder die knie kan kry.   :hello2:

Hartlik dankie Ockert, ons waardeer dit opreg. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hemeltjie, my kop is so voos.
En die liefde is so ver verby, ek weet nie eens meer hoe dit voel nie. Sal maar my moet verbeel. En dis 'n fout.
PM, dankie aan Cairo. Dit is wonderlike pryse.
elle

PM

Jy sal maar die spinnerakke moet afstof matertjie.  :icon_biggrin:
Ek dink ook dit is gawe pryse en is dankbaar vir Ockert se ondersteuning.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Enige prys wat jou kennis kan vermeerder, uitbrei of vernuwe is vir my ook baie goed. Baie dankie.

PM

Cairoo doen wonderlike werk met opleiding vir kinders ook.  Hulle programme is maklik om te gebruik en hulle is altyd besig met opgradering. 
Om te weet is om te verstaan.