... sou gepas wees as ek in Seattle was, maar nou is ek in Cape Town.
Ek bly in een van daardie duiwehokke waar daar ook kraaie en naguile woon.
As hulle nie bedags koer en remoer nie, baklei die klomp snags, ag en sommer bedags ook.
Wanneer slaap die mense? Werk hulle dan nie? Of is dit net ek wat moet slaap omdat ek werk..
Weet nie of julle al daardie wilde Amerikaanse flieks gesien het waar die klomp mekaar so skel vanuit hul huise met, Shut up, en m..f..s en al daai goed.
Wel, in die middel van die nag voel ek om myself so te verneder om so te gil op die spul. Miskien moet ek vir hulle die Leviete voorlees.
Hoe ek die dag nugterwakker tot vanaand gaan omkry, weet nugter.
Sal maar gaan le en rondrol en verlang na stilte.
Verbeel ek my of is die afgelope paar weke verskriklik besig in die misdaad-wereld?
Ek het 'n slaaptyd storie nodig.
Ek wil nou so wees...