• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vinnige mieliegereg

Started by PM, January 23, 2012, 03:38:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Hierdie gereg is so vinnig om te maak en is 'n gunsteling.

30 ml suiker
60 ml koekmeelblom
5   ml bakpoeier
3   eiers
1   blik 410 gr roommielies

Meng alles en bak in die oond van 180 grade tot gaar, plus minus 40 minute.  Sprinkel 'n bietjie kaneel oor as jy daarvan hou.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hmmm maklik ... sal probeer en laat weet  :icon_bigsmurf:

PM

Naas patats en pampoen of wortels, ken ek nie juis nog 'n soet groente nie.  Soms sit ek ertjies met suiker en kaneel, of roommielies met kaas, in die klein skorsies.
Die mieliegereg is darem 'n afwisseling.
Jy kan ook die suiker uitlaat en kaas bo-oor strooi.
Laat weet asseblief of julle daarvan hou.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Trapsoetjie

Het gisteraand gemaak, baie lekker. Met huis mense se goedkeuring word die resep weggedra.
:angel12: