Author Topic: Vis alla Petronella  (Read 5879 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vis alla Petronella
« on: January 23, 2012, 03:31:59 PM »
Hierdie is beslis my gunsteling visgereg. 

800  gr stokvisfilette, ek is nie gepla oor die velletjies nie, maar verwyder dit as jy nie daarvan
                                 hou nie
sout en peper na smaak
1 ui in ringe gesny, ek vat sommer twee groot uie.
olie
250 gr sampioene, in redelike repe gesny
50   ml gekapte petersielie
25   ml botter of margarine
30   ml koekmeelblom
250 ml melk
40   ml sjerrie of brandewyn werk ook
2     ml paprika, maar ek gooi dit mildelik.
500 ml sterk kaas. 

Voorverhit die oond tot 180 grade
Smeer 'n oondvaste bak met botter
Pak die vis in die bak
Geur aan alby kante met sout en peper na smaak.
Plaas in die oond en bak 20 minute lank totdat die vis amper gaar is.
Giet die vloeistof af, maar behou dit.
Soteer intussen die uie tot sag.
Voeg die sampioene by en roerbraai tot ligbruin, of soos jy daarvan hou.
Skep oor die vis.
Sprinkel ook die petersielie oor.
Vul nou die vloeistof aan met melk tot 250 ml.
Maak dan 'n witsous met die botter en koekmeelblom en gegeurde melk.
Voeg ook die sjerrie en 50ml gerasperde kaas by.
Geur na smaak met sout en peper en paprika en waarvan jy nog hou.
Roer totdat die kaas gesmelt het.
Giet die sous oor die vis.
Strooi die res van die kaas oor.
Bak nog sowat 15 minute lank, totdat die vis heeltemal gaar is.
Dien op saam met rys en groenslaai of net waarvan jy hou. 
Eet lekker!

Ek sal gou 'n mieliegeregresep plaas wat heerlik saam met die vis is.
« Last Edit: January 24, 2012, 05:43:14 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Vis alla Petronella
« Reply #1 on: January 23, 2012, 09:00:58 PM »
'n Dooie vissie is maar altyd aanloklik, veral as dit ge-PM is tot perfeksie.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vis alla Petronella
« Reply #2 on: January 24, 2012, 12:59:54 AM »
Hy gaan beslis na die Locke se menu toe  :toothy4: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vis alla Petronella
« Reply #3 on: January 24, 2012, 05:45:44 AM »
Hi Stoffie, PM kan mos nie by 'n resep hou nie.  Soms dons ek die hele gereg op!  :icon_biggrin:

Almal vra altyd vir hierdie resep Raaitjie.  Dit is 'n wenner.  :read:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vis alla Petronella
« Reply #4 on: January 25, 2012, 09:14:27 AM »
Hier moet ek nou mooi verduidelik. PM jy ken mos my beter helfde hou nie van vis nie. So gisteraand maak ek die resep. Sy woorde was, jy kan dit enigetyd weer maak. Adrian vra my "wie het die kos gemaak" ek antwoord "ek" (met 'n bors wat al groter word) hy kon nie glo ek kan sulke lekker kos maak nie. So baie dankie vir die resep gaan dit beslis "steel"  :icon_biggrin:
Almal was gaande oor die vis.

 :angel12:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vis alla Petronella
« Reply #5 on: January 25, 2012, 09:15:38 AM »
Vanaand op die Lockies se menu!!!  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vis alla Petronella
« Reply #6 on: January 25, 2012, 10:00:06 AM »
Dit is 'n lekker dis.  Soms, as ons mense kry en ek moet die gereg 'n bietjie rek, dan breek ek die gaar vis in stukkies, gooi 'n pakkie "shrimps" en krapstokkies in blokkies gesny, meng dit goed met 'n blikkie geroomde sampioene, pak dit onder in die bakskottel en siedaar, genoeg vir almal. Ek maak dan net die res van die resep dubbel aan.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vis alla Petronella
« Reply #7 on: January 25, 2012, 11:01:17 AM »
PM vir vispresident  :headbang:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vis alla Petronella
« Reply #8 on: July 10, 2021, 04:26:00 PM »
... en hier sit die President hoog en droog en stoksielalleen!  (Gelukkig nie met my 0 in die tronk nie.) Pun intended!
Om te weet is om te verstaan.