Author Topic: 'n Degie vir uieringe of kalamari.  (Read 8507 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Degie vir uieringe of kalamari.
« on: August 14, 2015, 10:45:40 AM »
Hier is 'n heerlike kraak degie vir kalamari, prawns of uieringe. 
Die kalamari bak jy 'n minuut aan elke kant en die uieringe so drie minute.  Die prawns bak totdat dit pienk is.  Die hitte van die olie is so 180 grade C.

Meng 1 koppie meelblom
1 teelepel paprika
1 teelepel bakpoeier
sout
peper
met 1 botteltjie bier. 

Meng nou 'n driekwart koppie mezina daar by.  (Die degie moet nie te slap wees nie.)


Gebruik 'n sosatiestokkie, of iets soortgelyk, om die kalamari of uieringe daarin te doop en in die olie te plaas.

Dit is "kraakvars"! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #1 on: August 17, 2015, 03:39:17 AM »
Hierdie ene geboek vir die Lock menu hierdie week  :notworthy: :hello2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #2 on: August 17, 2015, 11:39:22 AM »
Op die oomblik is Naas mos nou weer te veel en mag hy niks eet wat in die resep is nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #3 on: August 17, 2015, 01:15:24 PM »
Ag nee, ek hoop dit is van korte duur Naas.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #4 on: August 18, 2015, 07:32:19 AM »
Ek moet 40kg verloor sodat hulle my rug kan probeer regmaak.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #5 on: August 18, 2015, 09:42:26 AM »
Eina!  Nou kan jy ook nie so aktief wees nie want die rug is te seer. 
Ek lees jy moet 'n pomelo met 'n eetlepel heuning na elke maaltyd inneem om vinnig gewig te verloor.  Miskien kan ons dit probeer, want ek het ook nog 'n hele paar kilo's om af te skud.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #6 on: August 31, 2015, 05:43:13 PM »
Vanaand maak ek weer hierdie degie.  Die uieringe gaan uit die boek uit wees en ek glo die vis ook.   'n Paar stukkies stokvis in hierdie degie in olie gebraai gaan heerlik smaak.  Ek hoop so. 
Gerhard maak die mossels in witwyn en die rys!  Kyk my tieties!  (Bon appatite)
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #7 on: January 16, 2016, 02:54:29 PM »
Weer gemaak, altyd 'n wenner!
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #8 on: June 18, 2016, 03:52:40 PM »
Ons is terug van Mozambiek af.  Vanaand maak ek hierdie degie met alles wat daarmee saam gaan vir die "kinders".   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #9 on: June 20, 2016, 10:35:59 PM »
Ek sal moet botteltjie bier gaan koop  :bootyshake: :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #10 on: June 21, 2016, 11:54:44 AM »
'n Mens kan seker sodawater ook gebruik?
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #11 on: June 24, 2020, 02:52:34 PM »
Vanaand maak ek uieringe in hierdie degie.   :snorting:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Degie vir uieringe of kalamari.
« Reply #12 on: July 05, 2021, 10:52:17 AM »
Vanaand doen ek dit weer met hoender-agterbeen-kwarte, in my "Convectionaire".
Om te weet is om te verstaan.