• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Voorstelle vir boek twee

Started by PM, January 21, 2012, 05:38:02 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Kan julle elkeen asseblief vir my 'n inset gee oor hoe jy dink die volgende boek se inhoud moet lyk.
Wie hou nie van die "bundel in 'n bundel" idee nie? Wat stel jy voor.
Bring asseblief enige voorstelle tafel toe sodat ons dit kan bespreek. 

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek hou van wat ons nou gedoen het.
Maar ek dink die eindbesluit is joune, soos jy goeddink.
elle

PM

Dit het ook vir my goed gewerk Ellé.  Almal wat die boek sien is mal daaroor.
Ek self sou ook niks verander het nie.  As iemand 'n ander voorstel het virdie inhoud kan ons daarna kyk.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Altwee ons kinders wat grafiese ontwerpers is, het die boek onder oge gehad die naweek en is dit eens dat die 'n pronk- en erfstuk van formaat is PM!! Die uwe sleep haar boek oral saam en nog nie een negatiewe kommentaar ontvang daarop nie. Selfs die ouens wat nie 'n woord Afrikaans verstaan nie, geniet die kleurvolle uitleg en groot verskeidenheid kreatiewe skeppings in een boek beskikbaar!!

PM

Dit is 'n groot, groter, grootste kompliment, dankie Raaitjie.  Ek wag vir omie drukker wat sommer hier langs sal ry om die omslae vir die "eintlike boek" te kom haal.  Hy het oor die naweek 25 boeke gedruk wat vandag binders toe gaan.  Ek kan werklik nie wag om te sien hoe die finale produk lyk nie.  My teleurstelling was sooooo groot toe ek sien dat ons eintlik 'n proefboek gekry het.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#5
Ek dink dit wat jy en die maters met boek een gedoen het is briljant!!  Dis 'n prag koffietafelboek - nie een wat mens op jou boekrak gaan versteek nie  :hello:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dankie Willa, ons is almal baie trots op onse boek.  Boek twee sal beslis van jou werk ook in hê nê?
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ja - ek kruip mos nie meer in my ou dop weg nie, het nou 'n nuwe dop en Theo gee my meer tyd om aan goedjies te werk ... ek sal graag deelneem, moet nog net by die baas van die banksake hoor hoeveel bladsye ek kan "koop" gie gie
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w